Vandag se sportnuus

Theunis de Bruyn word uitgehaal. Die Proteas het die derde en laaste toets teen Indië met ’n beurt en 202 lopies verloor. (AP Photo/Aijaz Rahi)

Krieket:

  • Indië het die derde en laaste toets teen Suid-Afrika met ’n beurt en 202 lopies gewen. Dit het die tuisspan net twee boulbeurte geneem om van die laaste twee Protea-kolwers ontslae te raak.

Shahbaz Nadeem het vir Theunis de Bruyn (30) en Lungi Ngidi (0) uitgehaal en die Suid-Afrikaners kon net een lopie by hul oornagtelling van 132/8 voeg.

Dit is die Proteas se tweede agtereenvolgende reeksnederlaag in Indië, nadat hulle in 2015 ook die reeks met 3 – 0 verloor het.

Terselfdertyd is dit Indië se elfde agtereenvolgende tuisreekssege – ’n nuwe rekord.

Rugby:

  • Frankryk se Sebastien Vahaamahina het uit toetsrugby getreenadat sy rooi kaart in die Wêreldbeker-kwarteindstryd teen Wallis sy span duur te staan gekom het.

Die Fransmanne het ’n voorsprong van 12 punte weggesmyt om uiteindelik met 20 – 19 te verloor.

Die Suid-Afrikaanse skeidsregter, Jaco Peyper, wat saam met Walliese ondersteuners ná die wedstryd vir ’n foto geposeer het, is nie vir halfeindstryd-verpligtinge oorweeg nie.

  • Intussen het die voormalige Springbok-losskakel, Pat Lambie, by die Haaie aangesluit as hul skopafrigter.

Die 29-jarige Lambie het vroeër vanjaar weens mediese redes sy uittrede uit rugby aangekondig. Hy het 56 toetse vir die Springbokke gespeel.

Hy het ’n kontrak van een jaar met die KwaZulu-Natallers onderteken.

Tennis:

  • Die 38-jarige Switserse tennismeester, Roger Federer, het sy 1 500ste ATP-wedstryd gewen toe hy vir Duitsland se Peter Gojowczyk in Basel geklop het.

Die telling was 6 – 2 en 6 – 1 in Federer se guns.

  • Rafael Nadal sal saam met Federer op 7 Februarie 2020 in Kaapstad in aksie wees. Die wedstryd sal ten bate van Federer se liefdadigheidsorganisasie wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Amanda ·

Die Proreas krieket span het Nou i afrigter met PRAKTIESE Internasionale Ondervinding nodig. ( Mark Boucher -wat ook respek afdwing) Nie BOEKKENNIS nie. Die spelers en afrigter sukkel nie om kriekket kennis deur boeke op te doen nie. HUL DOP HUL PRAKTIES . LEER HUL WEER KOLF -BOUL & ” MENTAL FITTNESS”

George in Bloem ·

Ek sien nou die derde toets teen Indie is blykbaar verby? Maar ons ouens kolf nog?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.