Vandag se sportnuus

Kieran Read. (Foto: Facebook Kieran Read)

Rugby:

  • Die All Black-afrigter, Steve Hansen, het gesê dat Kieran Read “100% gereed sal wees” vir Saterdag se Wêreldbeker-halfeindstryd teen Engeland.

Die 33-jarige Read het gister se oefening weens ’n seer kuitspier misgeloop.

Die All Blacks het 15 van hul laaste 16 kragmetings teen Engeland gewen. Hulle het laas in 2012 op Twickenham met 38 – 21 verloor.

  • Dan het die Nieu-Seelanders ook elke Wêreldbeker-uitspeelwedstryd (in 1991, 1995 en 1999) teen die Engelse gewen.

In die halfeindstryd van die 1995-Wêreldbeker in Suid-Afrika het die legendariese Jonah Lomu bo-oor die Engelse verdedigers gestoomroller. Die Kiwi’s het daardie kragmeting met 45 – 29 gewen.

  • In Pro14-nuus sal die Kings hierdie naweek teen Benetton Rugby kragte meet, terwyl die Cheetahs vir Connacht sal aanvat. Die wedstryde begin Saterdag onderskeidelik om 16:00 en 18:15.
  • Die Vrystaters se Ruan Pienaar is die voorste puntemaker in die reeks met sy 38 punte.

Krieket:

  • Om die treurmare van die Suid-Afrikaanse toetskrieketspan in perspektief te plaas – dit is die eerste keer sedert 1936 dat die Proteas twee agtereenvolgende toetse met ’n beurt verloor het.

Die Protea-boulers het geen antwoord vir die Indiese kolwers gehad nie en kon net 25 paaltjies in die toetsreeks plattrek. Daarteenoor het die Indiese boulers 60 paaltjies (al 20 Protea-paaltjies per toets) laat spat.

  • Lauren Agenbag het die afgelope week die eerste vroulike skeidsregter geword om beheer te neem van ’n manskrieketwedstryd, toe sy in die middel vir die Sentraal-Gauteng/Boland-kragmeting was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Niklaas ·

Dis amper onmoontlik , maar sal ek nou dit geniet as die Allblacks onverwags slae kry by Engelandse rugby span. Mens kan maar net hoop , maar NZ se spelers is net skitterend en kan nie verloor nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.