Vandag se sportnuus

S’bu Nkosi. Foto: Springbokke/Twitter.

Rugby:

  • Oor net meer as 72 uur speel die Springbokke in hul Wêreldbeker-halfeindstryd teen Wallis in Japan.

Die jongste verwikkeling is dat S’bu Nkosi vir Cheslin Kolbe op regtervleuel sal vervang. Dit is die enigste verandering wat Rassie Erasmus tot die span aangebring het.

Hoewel die Bokke daarop sal fokus om die gevare wat spelers soos Alun Wyn Jones en Ross Moriarty bied, sal hulle ook aan die 31ste speler op die veld moet dink – die skeidsregter, Jerome Garces.

Wanneer dié Fransman aan die stuur van ’n Suid-Afrikaanse wedstryd is, dan sukkel die Bokke.

Hulle kon nog net vier van die 14 Garces-toetse wen, terwyl hulle in 2017 in Cardiff teen die einste Wallis verloor het. Garces was tóé ook in beheer van die wedstryd.

In Garces se ses All Blacks/Springbokke-toetse kon die Suid-Afrikaners nog nie een wedstryd wen nie.

Krieket:

  • Suid-Afrika se toetskrieketkaptein, Faf du Plessis, het gesê een van die redes vir die Proteas se treurmare in Indië is omdat die gaping tussen plaaslike krieket en internasionale krieket tans net té groot in Suid-Afrika is.

Hy het bygevoeg dat die Proteas ook nie voorbereid was vir die uittredes van spelers soos Morné Morkel, Dale Steyn, Hashim Amla en AB de Villiers nie.

Du Plessis voel dat die land se krieket dalk nie genoeg beplanning gedoen het om betyds geskikte plaasvervangers vir dié sterspelers te kry nie.

Dan het die Kolpak-roete wat spelers soos Duanne Olivier, Kyle Abbott en Simon Harmer gevolg het, die vertonings van die nasionale span ook seergemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Regs! ·

Hulle begin al klaar voorspraak maak om die skeidsregter te blammer as hulle verloor. Jy doen dit net as jy weet jy is nie goed genoeg nie!

Genieve ·

Ek hoopr regtig die skeitsregter bewys ons verkeerd om die fluitjie mooi te hanteer as hy nou weet waarvan ek praat en so daar is niemand om Willie te vervang nie??

Siener ·

‘n Wenspan dink nie aan die Ref nie. ‘n Wenspan speel die Game en laat die ref toe om sy werk te doen. DIs waarom die All Black koning is en sal bly

TwaalfBoor ·

Weet nie wat jy sien nie siener. Maar ek dink jy kort ñ bril. All Blacks staan voor in die ry as dit kom by verskonings soek vir hil verloor. In my lewe nog nie sulke slegte verloorders soos die AB’s gesien nie. Dink als moet altyd in hul guns wees. Engeland gaan nie ñ maklike game vir die “dodo’s” wees nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.