Vandag se sportnuus

Liam Williams sal die res van die Wêreldbeker-toernooi weens ’n enkelbesering misloop. (Photo/Christophe Ena).

Rugby:

  • Leigh Halfpenny begin Sondag noodgedwonge op heelagter vir Wallis in die belangrike Wêreldbeker-halfeindstryd teen die Springbokke in Yokohama.
  • Warren Gatland, die Rooi Drake se afrigter, is genoop om hierdie skuif te maak, nadat Liam Williams met ’n enkelbesering op die krukkelys is.
  • Wallis het voordat die internasionale skouspel nog afgeskop het, al vir Gareth Anscombe en vir Taulupe Faletau aan beserings afgestaan.
  • Die wedstryd begin Sondag om 11:00 (SA tyd) in Yokohama en word regstreeks op SuperSport 1 uitgesaai.
  • Wallis: Leigh Halfpenny (heelagter), George North (regtervleuel), Jonathan Davies (buitesenter), Hadleigh Parkes (binnesenter), Josh Adams (linkervleuel), Dan Biggar (losskakel), Gareth Davies (skrumskakel), Ross Moriarty (agtsteman), Justin Tipuric (flank), Aaron Wainwright (flank), Alun Wyn Jones (slot en kaptein), Jake Ball (slot), Tomas Francis (stut), Ken Owens (haker), Wyn Jones (stut). Plaasvervangers: Elliot Dee, Rhys Carre, Dillon Lewis, Adam Beard, Aaron Shingler, Tomos Williams, Rhys Patchell, Owen Watkin.

Krieket:

  • Die kolfsterre, Steve Smith en David Warner, is terug in Australië se T20-span vir hul komende reeks teen Sri Lanka.
  • Smith, Warner en Cameron Bancroft is vroeër vir ’n jaar uit internasionale krieket geskors weens hul betrokkenheid by die balpeuterskandaal verlede jaar op Nuweland teen die Proteas.
  • Smith se kolf het sedert sy terugkeer tot die span kliphard die praatwerk gedoen en hy het ’n skitterende Reeks om die As gehad.
  • Die voormalige Aussie-kaptein het 774 lopies teen Engeland geslaan teen ’n gemiddeld van 110.57 lopies per beurt.
  • Australië se span: Aaron Finch (kaptein), Ashton Agar, Alex Carey, Pat Cummins, Glenn Maxwell, Ben McDermott, Kane Richardson, Steve Smith, Billy Stanlake, Mitchell Starc, Ashton Turner, Andrew Tye, David Warner en Adam Zampa.

F1:

  • Die Meksikaanse F1-wedren spring Sondag weg en Mercedes se Lewis Hamilton sal sy sesde titel jaag.
  • Die Britse renjaer is met sy 338 punte die voorloper in die reeks, terwyl Mercedes ook die beste span is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.