Vandag se sportnuus

Faf de Klerk en Willie le Roux. (Foto: Twitter@fafdeklerk)

Rugby:

  • Rassie Erasmus het sy 23-tal vir die naweek se Wêreldbeker-eindstryd teen Engeland bekendgemaak.

Die enigste verandering van die span wat Wallis met 19-16 in die halfeindstryd getroef het, is Cheslin Kolbe wat S’bu Nkosi op regtervleuel vervang.

Erasmus het vertroue in sy span gewys en weer vir Faf de Klerk (skrumskakel) en Willie le Roux (heelagter) gekies, ondanks Jan Publiek se ontevredenheid met hul spel.

  • Springbokke: Willie le Roux (heelagter), Cheslin Kolbe (regtervleuel), Lukhanyo Am (buitesenter), Damian de Allende (binnesenter), Makazole Mapimpi (linkervleuel), Handré Pollard (losskakel), Faf de Klerk (skrumskakel), Duane Vermeulen (agtsteman), Pieter-Steph du Toit (flank), Siya Kolisi (kaptein en flank), Lood de Jager (slot), Eben Etzebeth (slot), Frans Malherbe (stut), Bongi Mbonambi (haker), Tendai Mtawarira (stut). Plaasvervangers: Malcolm Marx, Steven Kitshoff, Vincent Koch, RG Snyman, Franco Mostert, Francois Louw, Herschel Jantjies, Frans Steyn.

Sokker:

  • Strafdoele het gister die wenner van die Liverpool/Arsenal-kragmeting bepaal nadat dié spanne 5-elk in speeltyd gelykop gespeel het.

Liverpool se skerpskutters het daarna die doelskopstryd met 5-4 gewen om na die kwarteindstryd van die League Cup deur te dring.

Krieket:

  • In Brisbane het Australië vir Sri Lanka met nege paaltjies in die tweede T20-kragmeting van die reeks tussen die twee lande geklop.

Sri Lanka is vir 117 uitgehaal met Adam Zampa (2/20) wat weer eens met die bal uitgeblink het.

Daarna het David Warner (60*) en Steve Smith (53*) gesorg dat die Aussies die wenlopies binne 13 boulbeurte geslaan het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Jiem ·

Reg so Rassie, niks fout met die span nie. Ek het so n gevoel dat Willie ons almal Saterdag gaan verras en weer n slag speel soos ons almal weet hy kan. Ons gaan daai Engelse trap!

jakes ·

Indien SA weer met dieselfde taktiek die engelse wil aanvat sal Rassie maar die gevolge moet dra. Willie en Faf sal uiteraard as die swakskakels in die span uitgekryt word as die bokke sou verloor en sal Rassie dan moet verduidelik wie reg was, die publiek of hy? Natuurlik sal die verskoning vir n verloor wees dat Rassie en sy span baie geleer het uit hul foute.

Balooba ·

Ek glo Faf volg n wedstryd plan maar Willie?

Nie so seker on heeltyd balle aan te slaan en straf skoppe weg the gee is deel van daai wedstrydplan nie.

Rudolph Burton Weakley ·

heng julle kan kerm hul is in die finaal wen of verloor trots op hulle!

Lee ·

So gehoop Willie is nie die keer in die span nie. Dalk verras hy ons. Kom ons hoop maar so….

Jiem ·

Ek hoop Frans Steyn word die keer vroeer opgestuur as Willie weer droogmaak.
Ons gaan daai lang strafkop/skepskop van hom nodig kry.

Stiks ·

Hulle bly 2 vd wereld se beste spelskeppers. Los hulle uit!

Dubbelloop ·

Ek verstaan Rassie se redenasie in nmate maar ek het gehoop hy sou Frans vir hierdie wedstryd op heelagter gekies het. Frans kan baie makliker meer slaankrag aan die agterlyn gee as Wille op hierdie stadium. Hy sou ook die souties aan die raai kon hou. Ek hoop Willie laat die span nie in die steek nie. Ek stem ook dan saam met jou stelling wat jy maak Jiem. Ons bly bok ondersteuners. Ons hoop dan om mekaar n hi-5 te kan gee na Saterdag.

aj ·

Los vir Willie en Faf … hulle is die “karakters” van die span

Die sout en peper by die maaltyd!

… en geniet die spel!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.