Vandag se sportnuus

Caster Semenya. (Foto: AP Photo/Mark Schiefelbein)

Atletiek:

  • Caster Semenya is in Suid-Afrika se voorlopige atletiekspan vir aanstaande jaar se Olimpiese Spele in Tokio ingesluit.

Haar definitiewe deelname hang egter van haar voortgaande hofgeding met die IAAF af.

Sy het by die vorige Olimpiese Spele in Rio de Janeiro die goue medalje in die 800 m gewen.

Suid-Afrika se marathon-liefling, Gerda Steyn, is ook in die voorlopige groep ingesluit, terwyl daar nog oor die beskikbaarheid van verskeie beseerde atlete – onder wie Wayde van Niekerk – gesweet word.

  • Voorlopige mansgroep: Akani Simbine, Simon Magakwe, Thando Dlodlo, Clarence Munya, Anaso Jobodwana, Luxolo Adams (beseer), Wayde van Niekerk (beseer), Thapelo Phora, Derrick Mokaleng, Gardeo Isaacs, Tsepo Tshite, Rynardt van Rensburg (beseer), Rantso Mokopane, Antonio Alkana, Sokwakhana Zazini (beseer), Lindsey Hanekom, Zarck Visser, Luvo Manyonga, Ruswahl Samaai, Orzio Cremona, Kayle Blignaut, Victor Hogan (beseer), Lebogang Shange (beseer), Wayne Snyman, Stephen Mokoka, Elroy Gelant, Desmond Mokgobu, Marc Mundell.
  • Voorlopige vrouegroep: Tebogo Mamathu, Zeney van der Walt, Caster Semenya (afhangende van die bevinding van die Switserse howe), Dominque Scott-Efurd, Rikenette Steenkamp, Wenda Nel, Rogail Joseph, Lynique Beneke, Sunette Viljoen, Gerda Steyn, Noelene Conrad (beseer).

Rugby:

  • In Ierland word daar berig dat die Springboksenter Damian de Allende ’n kontrak van twee jaar met Munster onderteken het.

De Allende was een van die Bokke se sterre in die afgelope Wêreldbeker-rugbytoernooi in Japan en hy sal vir die 2020/2021-seisoen in Ierland aanmeld.

Krieket:

  • In Nieu-Seeland het die Kiwi’s die derde T20-kragmeting teen Engeland met 14 lopies gewen.

Die tuisspan het eerste gekolf en 180/7 in hul toegelate 20 boulbeurte aangeteken, waarna hulle die Engelse tot 166/7 beperk het.

Nieu-Seeland loop met 2-1 in die reeks voor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Stier ·

Dis soos films oor die SAW van ’80’s. Word net van een punt af in mense se kele afgedruk. Dis ‘n grap, wereldatletiek het al ‘n hofbevel gekry ASA hou aan om hom te kies vir nommers waaraan by nie moet deelneem nie. Skande vir die land.

Annoniem ·

Solank Caster haal pilletjies drink wat sy MOET drink. Anders is dit onregverdig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.