Vandag se sportnuus

Gholf

Die eerste Major van die jaar, die Amerikaanse Meesters, begin vandag op Augusta. Gister moes die Syfer 3-kompetisie vir die eerste keer gekanselleer word weens slegte weer. Die gunsteling vir die toernooi, Dustin Johnson, het sy rug beseer toe hy op die trap van sy woonstel geval het. Daar sal vandag besluit word of hy sal kan afslaan. Die Suid-Afrikaners wat deelneem, is Trevor Immelan, Louis Oosthuizen, Branden Grace, Ernie Els en Charl Schwartzel.

Swem

By die Nasionale Swemkampioenskap in Durban het nog drie swemmers vir Fina se Wêreldkampioenskap gekwalifiseer.

  • Cameron van der Burgh – 100 m-borsslag – 59.73
  • Chad le Clos – 200 m-vryslag – 1:46.84
  • Myles Brown – 200 m-vryslag – 1:47.55

Sewesrugby

Die sewende toernooi in die Wêreldreeks word die naweek in Hongkong gespeel. Die Blitsbokke se kaptein, Philip Snyman, sal vir die sesde keer in Hongkong in aksie wees. Die toernooi begin môre en duur tot Sondag.

Die Springbok-vrouespan sal ook in Hongkong hul staal toon. Hulle sal teen Italië, Papoea-Nieu-Guinee en Colombië in die groepfase speel.

Varsityrugby

Ná Maandagaand se halfeindwedstryde is die tafel gedek vir die eindstryd wat op 17 April gespeel sal word. Tukkies sal op hul tuisveld in Pretoria teen die Maties uitdraf. Die wedstryd begin om 19:00 die aand.

Tennis

Die naweek val die kollig op die Davisbekerreeks. Suid-Afrika speel teen Slowenië in hul Euro/Afrika Groep 2-kragmeting. Die aksie begin môre by die Irene Buiteklub in Pretoria. In 2012 het Suid-Afrika vir Slowenië met 4-1 by die Arthur Ashe Tennissentrum in Soweto geklop.

Motorwedrenne

Die Chinese Grand Prix, wat die tweede ronde van die 2017 Formule Een-reeks is, word Sondag in Shanghai gejaag. In die MOTO GP-reeks sal die renjaers sake Sondag in Argentinië uitspook.

T20-krieket

Bangladesj en Sri Lanka speel vandag in hul tweede wedstryd teen mekaar. Sri Lanka het die eerste wedstryd met 6 paaltjies gewen.

IPL-krieket

Die 2017 Indiese Premierliga het gister begin. In die eerste wedstryd het die

Sunrisers Hyderabad die Royal Challengers Bangalore met 35 lopies geklop.

Die verdere bepalings in April lyk só:

 

Sokker

Kom ons loer na gister se uitslag in die plaaslike Premierliga.

Mamelodi Sundowns      0 – 0    Bloemfontein Celtic

In die Engelse Premierliga lyk die uitslae só:

Engelse Premierliga-punteleer:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.