Vandag se sportnuus

Siya Kolisi en Cheslin Kolbe. (Yuki Sato/Kyodo News via AP).

Rugby:

  • Die Springbokke is terug in die land en hulle begin môre met hul Bekertoer.
  • Siya Kolisi-hulle sal om 08:30 vanaf die Uniegebou in Pretoria vertrek, waarna hulle die stad sal platry. Hulle sal ook verby Loftus Versfeld in Kirkness-straat ry.
  • Om 14:00 vertrek die partytjie na Johannesburg en Soweto.
  • Die Bokke sal onder andere ook ’n draai in Durban (8 November), Oos-Londen (9 November), Port Elizabeth (10 November) en Kaapstad (11 November) maak.

Krieket:

  • In Canberra het Australië die eerste T20-wedstryd teen Pakistan op ’n drafstap met sewe paaltjies gewen.
  • Die Aussies het die besoekers tot 150/6 beperk, waarna hulle die wenlopies in die 19de boulbeurt geslaan het.
  • Steve Smith het 80 onoorwonne lopies van 51 aflewerings geslaan.
  • Dit is Australië se sewende agtereenvolgende T20-sege.
  • Intussen begin Suid-Afrika se Mzansi Superliga hierdie Vrydag wanneer die Jozi Stars om 15:30 teen die Cape Town Blitz op die Wanderers speel.

Sokker:

  • Nóg Aussie-nuus is dat dié land se vrouesokkerspan voortaan dieselfde salaris as die manspan sal kry.
  • Onder die nuwe kontrakstelsel sal vrouesterre soos Sam Kerr en Ellie Carpenter min of meer dieselfde bedrag as Aaron Mooy en Mat Ryan uitkry. Hulle sal ook voortaan met besigheidsklas na internasionale wedstryde vlieg.

CrossFit:

  • Die vierde week van die wêreldwye CrossFit Ope is iets van die verlede. Lefteris Theofanidis en Mat Fraser is die voorlopers in die manskategorie, met Ysland se Sara Sigmundsdottir en Annie Thorisdottir die sterkste vroue.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.