Vandag se sportnuus

Handré Pollard het dié foto van homself op sosiale media gelaai. Foto: Instagram.

Rugby:

  • Die Springbok-generaal, Handré Pollard, is in die hospitaal opgeneem nadat hy sy wangbeen in die Wêreldbeker-eindstryd teen Engeland gebreek het.

Die 25-jarige losskakel het die meeste punte (69) by vanjaar se Wêreldbekerrugbytoernooi in Japan aangeteken, terwyl sy skopvoet vir 22 punte in die finaal gesorg het.

Hy het die eindstryd met sy besering voltooi.

“Nie heeltemal die Trofee-toer wat in gedagte gehad het nie,” het hy op sosiale media geskryf.

“Maar ek sal dié ’n 1 000 keer weer doen as ons weer die William Webb Ellis-trofee kan wen.”

Pollard sal voortaan sy eersterangse rugby in Frankryk vir Montpellier speel waar hy R20 miljoen sal verdien.

  • Die Springbokke se Trofee-toer het vanoggend by die Uniegebou in Pretoria begin en hulle sal vandag ook Johannesburg en Soweto besoek.

Krieket:

  • Die Mzansi Superliga begin môre in Johannesburg met die Jozi Stars wat die Cape Town Blitz aanvat.
  • Hier is die res van die naweek se bepalings:
  • Vrydag: Jozi Stars teen Cape Town Blitz op die Wanderers om 17:30.
  • Saterdag: Durban Heat teen die Tshwane Spartans op Kingsmead om 12:30.
  • Sondag: Paarl Rocks teen Cape Town Blitz op Bolandpark om 10:00.
  • Sondag: Nelson Mandela Bay Giants teen Jozi Stars in Port Elizabeth om 14:00.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Maria ·

Handre sterkte en word gesond. Baie dankie vir jou harde werk en jou bes gedoen en trots op jou!

Pollie ·

My absolute gunsteling. Hoop jy voel sommer gou beter. Ironies hoe ons bokke hulleself vlenters speel en na die game is die saamryers op al wat voorblad is en met soveel arrogansie.

Linda ·

Word gou gesond Handre !!! Ons is baie trots op jou !!!

Loretta van WYK ·

So jammer om te hoor van jou besering
Sterkte vir volkome genesing

Anre ·

Sterkte Handrê so jammer jy het die Blou Bulle gelos! Baie dankie vir jou harde werk
met die Springbok toer!

Vonnie ·

Sterkte Handre. Jy was n ware general en puik gespeel. Wat my betref spelers van die wereld beker.

Afrikaner ·

Jy het die beker vir ons gewen Handre, Jy is is yster. Sterkte en ek hoop jy word gou gesond. Alles van die beste vir jou in Frankryk.

magda ·

Handre toe jy van die veld afstap het ek vir my man gesê dat jy seer het, maar nietemin het jy waardig afgestap en gespeel met jou seer … ons is supertrots op jou en wens jou gou beterskap toe .. Sterkte in Frankryk xxx

Super Hero ·

Nouja die kleintjies het Superman, Barbie, Paw Patrol, ons het vir Handrè Pollard!!!!

Nelia van Zyl ·

Spoedige beterskap, Handré! Geniet die uitdagings in Frankryk. Onthou dat ons hier in SA baie trots is op jou!

Mads ·

Eina!!!! Hoop jy word gou gesond…………. ONS SUPER HERO!!!!

maatjan ·

BOETA DANKIE VIR WAT JY VIR S.A RUGBY BETEKEN WENS JOU N SPOEDIGE HERSTEL TOE ………

Magaretha van Heerden ·

O daar was ander spelers ook? Ek dog Kolisi was die enigste speler op die veld. Hoor net van hom en sy swaarkry. Gun hom sy oomblik in die lig maar daar is andere wat ook swaar groot geword het. Trots op n ou wat speel al is hy flenters en seker in pyn. Trots op die bokke.

Bokkie ·

Jy was absoluut my gunsteling gewees. Sterkte en spoedige herstel.

Baie dankie vir dit wat jy vir Suid-Afrika en die Springbokke beteken het.

Baie sterkte in Frankryk…

lh ·

S U P E R H E R O!!! love jou en bid vir jou spoedige herstel!
Mag dit NET goedgaan met jou in Frankryk ons spogseun!

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.