Vandag se sportnuus

Chad le Clos. Argieffoto.

Swem:

  • Chad le Clos het gister in Doha die goue medalje in die 100 m-vlinderslagitem gedurende die Fina Wêreldbeker gewen.
  • Sy tyd was 51,70 sekondes en aansienlik vinniger as die 52,11 sekondes wat Pole se Jakob Maljerski in die tweede plek geswem het.

Rugby:

  • Suid-Afrika se twee spanne in die Guinness Pro 14-reeks sal weer hierdie naweek in aksie wees.
  • Die Kings speel môre om 17:00 teen die Ospreys, terwyl die Cheetahs om 19:15 die Cardiff Blues aanvat.

Gholf:

  • Tiger Woods sal die Amerikaanse span in die komende Presidentsbeker aanvoer.
  • Die gewilde toernooi sal in Desember op die Royal Melbourne gespeel word.

Krieket:

  • In internasionale T20-aksie het Engeland in Napier vir Nieu-Seeland met 76 lopies in die vierde wedstryd tussen dié twee lande getroef.
  • Dan begin die plaaslike Mzansi Superliga vandag met die Jozi Stars wat om 17:30 teen die Cape Town Blitz op die Wanderers speel.
  • Jozi Stars-groep: Chris Gayle, Delano Potgieter, Rassie van der Dussen, Reeza Hendricks, Sinethemba Qeshile, Temba Bavuma, Dan Christian, Shoaib Malik, Simon Harmer, Ryan Rickelton, Aaron Phanigso, Dane Paterson, Duanne Olivier, Ethan Bosch, Kagiso Rabada, Lizaad Williams.
  • Cape Town Blitz: Asif Ali, Janneman Malan, Liam Livingstone, Marques Ackerman, Aviwe Mgijima, Gregory Mahlokwana, Khwezi Gumede, Moeen Ali, Mohammad Nawaz, Vernon Philander, David Bedingham, Quinton de Kock, Anich Nortje, Dale Steyn, George Linde, Sisanda Magala, Wahab Riaz.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.