Vandag se sportnuus

Heyneke Meyer. Argieffoto.

Rugby:

  • Die voormalige Springbokafrigter, Heyneke Meyer, het bedank as die hoofafrigter van die Franse Top 14-span, Stade Francais. Die bedanking is onmiddellik van krag.

Die 52-jarige Meyer het in 2018 by die klub aangesluit nadat hy saam met die Bokke die brons medalje by die 2015-Wêreldbekerrugbytoernooi in Engeland gewen het.

Stade Francais beleef ’n moeilike seisoen en hulle het die afgelope naweek se wedstryd teen Racing 92 ook verloor. Hulle kon nog net twee wedstryde in nege probeerslae wen.

“Dit was nog altyd in die klub se belange opgetree en daarom bedank ek as afrigter van Stade Francais,” het Meyer in ’n verklaring gesê.

“Dit was ’n reusevoorreg om die klub af te rig en ek was mal oor my tyd in Parys. Ek sal altyd ’n ondersteuner van Stade Francais bly.”

  • In ander nuus sal die voormalige Sharks- en Stormers-agterspeler, die blitsige Kobus van Wyk, voortaan sy Superrugby in die kleure van die Hurricanes in Nieu-Seeland speel.

Die ’Canes word deur John Plumtree afgerig.

Tennis:

  • Roger Federer kan nog die ATP-titel wen nadat hy vir Matteo Berrettini met 7 – 6 en 6 – 3 geklop het. Hy sal nou teen Novak Djokovic speel om te bepaal wie na verdere uitspeelwedstryde vorder.
  • Federer en Rafael Nadal speel op 7 Februarie in Kaapstad teen mekaar. Kaartjies vir dié liefdadigheidswedstryd is binne minute uitverkoop.

Krieket:

  • In ’n sopnat Pretoria sal die Tshwane Spartans en die Nelson Mandela Bay Giants om 17:30 op SuperSportpark teen mekaar kragte meet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

TwaalfBoor ·

@Werner
Dìe “nar” het die Bulls help sorg vir 4 curiebeker en 3 super rugby tittels. Nog nie EEN ander suid afrikaanse afrigter kon dit vermag nie.

marja ·

Daar waar hy afrig dryf hy alles tot in die grond in. Kan nie glo hoe hy so verswak het na goeie werk werk jare terug by die Bulls nie.

Werner ·

Aan Twaalfboor: Heyneke het dit in 2007 gewen terwyl die res van die wêreld gerus het vir die Webb Ellis toernooi. Die volgende twee bekers is deur Frans Ludeke gewen.

Bly asb by die feite, ou maat!

TwaalfBoor ·

@Werner
Ek stel voor jy lees mooi wat ek sê. Feite is op die tafel.

Maarja ·

Werner met hierdie tipe logika hoop ek Rassie bedank Alistair en Peter Div ook sommer. Aangesien dit nie vir hulle was nie kon hy nie die wereldbeker wen nie.

Klippies ·

Ek onthou hoe Maties die Tukkies op LC de V-stadion verniel het, en Heyneke weggedeins het van die kamera elke keer as Tukkies droogmaak. Windlawaai!

Pietsnot ·

Hy was die afrigter toe ons Bokke in 2015 teen Japan verloor het.

Hy het oorsee gaan afrig en is mettertyd uitgewys as n swak afrigter, wat spelstyl en taktiek betref. Hy kan nie eers kwotas die skuld gee nie.

TwaalfBoor ·

En wat is die verskonings van AL die ander bokafrigters? Nick Mallet ingesluit wat so alswetend in die ateljee kommentaar lewer.

Linda ·

Volgens internationale media is Heyneke afbetaal ! Hy het glad nie bedank nie !

Marja ·

Dankie. Hengse verskile tussen bedank en afgedank, by is egter laasgenoemde.

Jakes ·

Meyer was n swak afrigter. Die rede hoekom daardie bekers gewen is. Is omdat daar goeie speles was. Daarom dink hy hy was n goeie afrigter

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.