Vandag se sportnuus

AB de Villiers. Foto: GB Jordaan.

Krieket:

  • Reën het vir die tweede agtereenvolgende keer ’n Tshwane Spartans-wedstryd in die wiele gery.

Dié keer is die Pretorianers se wedstryd teen die Nelson Mandela Bay Giants éérs deur ’n kragprobleem en tóé deur reënweer gekortwiek.

Die Spartans was toe die wedstryd afgestel is kniediep in die moeilikheid met hul telling op 33/4. Chris Morris (2/8) het met die bal uitgeblink en AB de Villiers (10*) het probeer om die Spartans-kastaiings uit die vuur te krap.

Chris Morris. Foto: GB Jordaan.

Rugby:

  • In rugbynuus is daar sewe Suid-Afrikaners (saam met Josh Strauss) in die Barbarians se beginspan ingesluit wat die naweek teen Fidji op Twickenham speel.

Dillyn Leyds, André Esterhuizen, Makazole Mapimpi, Curwin Bosch, Marco van Staden en Beast Mtawarira is saam met Strauss in die opdrafspan, terwyl Jano Vermaak, Hencus van Wyk, Lukhanyo Am en Morné Steyn op die plaasvervangersbank is.

Barbarians: David Havili (heelagter), Dillyn Leyds (regtervleuel), Mathieu Bastareaud (buitesenter), André Esterhuizen (binnesenter), Makazole Mapimpi (linkervleuel), Curwin Bosch (losskakel), Joe Powell (skrumskakel), Josh Strauss (agtsteman), Marco van Staden (flank), Pete Samu (flank), Tyler Ardron (slot), Luke Jones (slot), Enrique Pieretto (stut), Rory Best (kaptein en haker), Beast Mtawarira (stut). Plaasvervangers: Andrew Makalio, Campese Maafu, Hencus van Wyk, Angus Cottrel, Matt Philip, Jano Vermaak, Lukhanyo Am en Morné Steyn.

Gholf:

  • Die Nedbank-uitdaagtoernooi begin vandag by Sun City en verskeie Suid-Afrikaners is in aksie.
  • Ernie Els (09:00), Richard Sterne (09:33), George Coetzee (09:44), Justin Hardin (09:55), Branden Grace (10:17), Christiaan Bezuidenhout (10:17), Louis Oosthuizen (10:28), Erik van Rooyen (10:39) en Zander Lombard (10:39) sal vandag op die afslaanbof aantree.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Anne-Marie ·

Kan iemand beduie hoe lat die Barbarian wedstryd gaan wees?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.