Vandag se sportnuus

Krieket:

  • Graeme Smith sal nie Krieket Suid-Afrika se volgende direkteur wees nie.

Die voormalige Protea-kaptein het homself aan die wedloop onttrek nadat hy vroeër saam met ander kandidate soos Corrie van Zyl en Hussein Manack vir onderhoude genooi is.

“Ek sou mal daaroor gewees het as ek die pos sou gekry het. Maar, ten spyte van my bereidwilligheid om ’n verskil in Suid-Afrikaanse krieket te maak, het ek nie die vertroue dat ek die nodige vryheid en ondersteuning gaan geniet om die verlangde verskil te maak nie,” het Smith in ’n verklaring gesê.

Hy het bygevoeg dat hy sal aanhou om Suid-Afrikaanse krieket te ondersteun en dat hy raad en leiding sal bied waar dit mag benodig word.

  • In gisteraand se Mzansi Superliga-wedstryd het die Jozi Stars hul derde agtereenvolgende nederlaag gely toe die Cape Town Blitz hulle met 57 lopies geklop het.

Die Kapenaars het 183/6 in hul toegelate 20 boulbeurte aangeteken. Dít is te danke aan ’n spogbeurt deur Liam Livingstone – wat 65 van 41 balle geslaan het.

Daarna het Anrich Nortje (2/18) en Sisanda Magala (3/17) die besoekers tot 126/10 beperk.

Rugby:

  • ’n Hele rits Suid-Afrikaners speel môre vir die Barbarians teen Fidji op Twickenham. Die wedstryd word van 16:25 op SuperSport uitgesaai.
  • Die Cheetahs en die Kings het vandeesweek ’n loslootjie in die Guinnes Pro14-reeks.

Tennis:

  • In tennisnuus het Roger Federer vir Novak Djokovic geklop om na die halfeindstryd van die ATP-reeks deur te dring.
  • Die eindtelling was 6-4 en 6-3. Djokovic het vroeër vir Federer in die Wimbledon-eindstryd gewen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Net So! ·

Graeme is heeltemal reg. Hy is nie bereid om polities voorgeskryf te word nie.

Werner ·

“nie die nodige vryheid en ondersteuning…”
kwotas en inmenging met spankeuses
Graeme het ruggraat

Jonathan ·

Dankie tog hy het onttrek, krieket kan net nog agteruit gaan met hom

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.