Vandag se sportnuus

Stefanos Tsitsipas. Foto: (AP Photo/Kirsty Wigglesworth)

Tennis:

  • Stefanos Tsitsipas het Sondagaand in Londen die Jaareindtoernooi gewen nadat hy Dominic Thiem met 6-7(6), 6-2, 7-6(4) geklop het.

Die 21-jarige Griek het Saterdag die derde gekeurde Roger Federer met 6-3, 6-4 uitgeskakel om sy plek in die eindstryd te verseker.

Gholf:

  • Tommy Fleetwood het Sondag ná ʼn uitspeel-oorwinning in die Nedbank-uitdaagtoernooi die wentjek van $2,5 miljoen gekry.

Die 28-jarige Fleetwood het Sondag op Sun City ses houe agter die oornag-voorloper, Suid-Afrika se Zander Lombard, begin. Maar ’n skitterronde van 65, wat drie arende ingesluit het, het egter ’n valbylstryd teen Swede se Marcus Kinhult afgedwing.

Louis Oosthuizen was die beste onder die Suid-Afrikaners en het in die gesamentlike sesde plek saam met die verdedigende kampioen, Lee Westwood, geëindig.

Moto2-renjaer Brad Binder van Suid-Afrika (17 November 2019) (Foto: AP Photo/Alberto Saiz)

Moto2:

  • Net drie punte! Dit is wat tussen die Suid-Afrikaanse motorfietsrenjaer Brad Binder (KTM) en vanjaar se Moto2-wêreldkampioen, Alex Marquez van Spanje, gestaan het nadat Binder Sondag in Valencia die Moto2-ren (vanjaar se laaste ren) op die Ricardo Tormo-baan op briljante wyse gewen het.

Die Switser Thomas Luthi (Kalex) was tweede, 0.735 sekondes agter Binder met die Spanjaard Jorge Navarro (Speed Up) derde.

Formule Een:

  • Max Verstappen het Sondag die Brasiliaanse Formule Een gewen. Pierre Gasly (Toro Rosso) was tweede en Carlos Sainz (McLaren) derde, gevolg deur Kimi Räikkönen (Alfa Romeo) en Antonio Giovinazzi (Alfa Romeo).

Krieket:

  • Die Cape Town Blitz is bo aan die punteleer van die Mzansi-superliga nadat hulle die Durban Heat op Kingsmead in Durban verslaan het.

Die Nelson Mandela Bay Giants is tweede op die punteleer, gevolg deur die Spartans.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.