Vandag se sportnuus

Argieffoto.

Krieket:

  • Die Australiese snelbouler James Pattinson sal die komende toets teen Pakistan misloop nadat hy vir een wedstryd geskors is.

Die 29-jarige snelbouler het kru-taal – wat na bewering ’n homofobiese ondertoon gehad het – gebruik in ’n Sheffield Shield-wedstryd tussen Victoria en Queensland.

Die verbale aanval is teen Queensland se Cameron Gannon geloods en hoewel Pattinson onmiddellik om verskoning gevra het, is hy steeds vir die eerste toets geskors.

“In die hitte van die stryd het ek ’n fout begaan. Ek het onmiddellik besef dat ek verkeerd opgetree het en ek het dadelik vir die skeidsregters en my teenstander om verskoning gevra,” het Pattinson gesê.

Krieket Autralië wil nou die strop nouer trek om spelers wat ander veral oor hul seksuele voorkeure op die veld aanval. Volgens Cricinfo kan ’n speler moontlik tot ’n jaar geskors word indien hy homself aan só iets skuldig maak.

Rugby:

  • Intussen is daar sprake dat die voormalige Springbokstut Jannie du Plessis volgende jaar vir die Lions Superrugby kan speel.

Die 37-jarige speel deesdae rugby in Frankryk vir Montpellier.

Die Johannesburgse franchise vry ook na Carlu Sadie se dienste.

Fietsry:

  • Die gewilde 94.7-fietswedren het die afgelope naweek deur Johannesburg se strate geblits.

Die wedren is deur Mark Pritzen (mans) en Clara Oberholzer (vroue) gewen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Werner ·

Carlu Sadie het verlede jaar uitstekend gespeel in die SR vir die Leeus. Koop hom gerus, veral noudat die Stormers n geldkrisis het.

Jannie Du Plessis kan sommer ook as spandokter vir die Leeus optree, hoewel hy eintlik n kinderarts is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.