Die Amerikaanse Meesters se eerste ronde het gister in baie sterk wind begin. Die wêreld se voorste speler, Dustin Johnson, moes hom onttrek as gevolg van ʼn rugbesering.
Kom ons loer na die voorlopersbord.
Swem
Op die Nasionale Swemkampioenskap in Durban is daar nóg vier kwalifiseringstye vir die Wêreldkampioenskap behaal.
- Cameron van der Burgh – 100 m borslag – 59,73
- Chad le Clos – 200 m vryslag – 1:46,84 en 200 m vlinderslag – 1:55,00
- Myles Brown – 200 m vryslag – 1:47,.55
Sewesrugby
Die sewende toernooi in die Wêreldreeks word dié naweek in Hongkong gespeel. Vandag sal die Bokke om 14:40 in die groepfase teen Frankryk speel. Môre speel ons teen Kenia om 07:56 en teen Kanada om 11:56. Suid-Afrika behoort in die kwarteindronde teen Fidji of Nieu-Seeland te staan te kom.
Die Springbok-vrouespan is ook in Hongkong in aksie. Ná die eerste dag het hulle bo-aan die punteleer in groep C geëindig.
Italië 15-5 SA
SA 24-7 Papoea-Nieu-Guinee
SA 33-0 Colombië
Superrugby
Dié naweek het die Lions en die Cheetahs ʼn loslootjie.
Davisbekertennis
Suid-Afrika speel dié naweek teen Slovenië in hul Davisbekerkragmeting. Die aksie begin vandag by die Irene Buiteklub met die twee enkelspelwedstryde. Môre word die dubbelswedstryd gespeel en Sondag die omgekeerde enkelspelwedstryde.
In die kwarteindronde van dié reeks speel Frankryk teen Brittanje en Serwië meet kragte teen Spanje.
Motorwedrenne
Die oefenrondes vir die Chinese Formule Een Grand Prix word vandag gejaag. Môre sal die kwalifisering plaasvind, terwyl die hoofwedren Sondag in Shanghai gejaag word. Die groot vraag is of Ferrari die welslae wat hulle behaal het tydens die Australiese GP, kan herhaal.
Die Argentynse MOTO GP-wedren word Sondag in Rio afgehandel. Baie druk is op twee van die gunstelinge om die kampioenskapstitel te verower, naamlik Valentino Rossi en Marc Marques. Hulle is tans derde en vierde op die punteleer.
T20-krieket
Bangladesj en Sri Lanka het gister in hul tweede wedstryd teen mekaar gespeel.
Bangladesj 176/9 (20 bb)
Sri Lanka 131 (18/20 bb)
Bangladesj wen met 45 lopies en die reeks eindig met een elk.
IPL-Krieket
Gister het die Rising Pune Supergiants en Mumbai Indians kragte gemeet.
Mumbai Indians 184/8 (20 bb)
Rising Pune Supergiant 187/3 (19.5/20 bb)
Die Supergiants wen met 7 paaltjies met 1 bal oor.
Bepalings:
Sokker
Kom ons loer na die punteleer in die plaaslike Premierliga.