Vandag se sportnuus

 

Wayde van Niekerk. (AP Photo/Tim Ireland, File)

Atletiek:

  • Die Olimpiese kampioen en 400 m-wêreldrekordhouer, Wayde van Niekerk, is onder die sewe atlete wat deur Atletiek Suid-Afrika se hersiende voorbereidingspan vir die 2020 Olimpiese Spele bygevoeg

Van Niekerk, wat nog nie sy amptelike terugkeer ná sy besering gemaak het nie, is in die 4 x 400 m-span, sowel as die 400 m, ingesluit.

Ruan de Vries (110 m hekkies), Henricho Bruintjies (4 x 100 m) en Emile Erasmus (4 x 100 m) is ook tot die voorlopige span bygevoeg.

Dean Elgar het ’n goeie beurt vir die Tshwane Spartans gespeel. Foto: GB Jordaan.

Krieket:

  • As daar nou twee krieketspanne in Suid-Afrika is wie se bepalings boere met belangstelling behoort te volg, dan is dit die Durban Heat en die Tswhane Spartans. Want waar hulle ook mag speel, dáár reën dit!

Gisteraand se kragmeting tussen dié twee spanne in die Mzansi Superliga is weer eens deur reën op SuperSportpark in die wiele gery.

Reën was dwarsdeur die wedstryd ’n faktor en die Spartans het 141/4 in 15 boulbeurte aangeteken voordat die kragmeting weer eens beëindig is.

Die Heat moes daarna 66 in vyf boulbeurte vir ’n oorwinning aanteken, maar met hul telling op 21/3 ná twee boulbeurte is die wedstryd finaal afgelas.

Lungi Ngidi (2/2) was die hoofverwoester vir die tuisspan.

  • Op die Gabba het Pakistan ’n moeilike taak op die Aussie-kolwers in toom te hou.

Die besoekers is vir 240 uitgehaal en Australië se telling is tans 242/1 met David Warner (126*) en die voormalige Klerksdorper Marnus Labuschagne (10*) voor die paaltjies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 19:30 en 06:00.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.