Vandag se sportnuus

Cheslin Kolbe. (AP Photo/Mark Baker)

Rugby:

  • Cheslin Kolbe se goeie spel die afgelope jaar is weer eens in Frankryk beloon.

Die vlugvoetige Suid-Afrikaanse agterspeler is as die Top-14-liga se speler van die 2018/2019-seisoen aangewys.

Die 26-jarige het ’n skitterende jaar agter die blad; nie net het hy die Wêreldbeker en die Rugbykampioenskap saam met die Springbokke gewen nie, maar Toulouse is ook die Top-14-wenners.

“Ek kon nie dit regkry sonder die ondersteuning van my spanmaats nie. Hulle verdien eintlik al die lof want as hulle nie vir my geleenthede as vleuel geskep het nie, sou ek nie vandag hier gestaan het nie,” het Kolbe gesê.

  • Intussen sal Jannie du Plessis en Carlu Sadie definitief volgende jaar deel van die Leeutrop wees.

Die 37-jarige Du Plessis is ’n veteraan van 70 Boktoetse, terwyl hy sy vir die afgelope paar seisoene in Frankryk saam met Montpellier gespeel het.

Krieket:

  • Die uitvoerende hoof van Krieket Suid-Afrika, Thabang Moroe, het in die media gesê dat die Mzansi Superliga die tweede gewildste T20-krieketreeks ter wêreld is. Net die Indiese Premierliga lok glo meer kykers.

Volgens die gesaghebbende krieketwebblad Cricinfo was daar net ’n rapsie meer as 4 000 toeskouers vir die openingswedstryd tussen Jozi Stars en die Cape Town Blitz op die Wanderers, terwyl daar by geleentheid net 300 kaartjies vir ’n wedstryd verkoop is.

Tennis:

  • In tennisnuus het die 32-jarige Andy Murray gesê dat hy uiteindelik sonder enige ongemak kan speel.

Murray, ’n voormalige wêreld-no. 1, se loopbaan was so te sê verby ná ’n ernstige heupbesering. Hy het egter ’n operasie ondergaan en het verlede maand sy eerste trofee sedert 2017 gewen toe hy vir Stan Wawrinka in Antwerpen geklop het.

Hy het bevestig dat hy wel in aksie sal wees by die Australiese Ope.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.