Vandag se sportnuus

Rugby:

  • Die Springbokke se vuurvreter-slot, Eben Etzebeth, het in Frankryk aangekom. Die Wêreldbeker-wenner sal voortaan sy eersterangse rugby vir Toulon speel.

Etzebeth het ’n kontrak van twee jaar met dié Top 14-span geteken.

  • Schalk Brits (Foto: Michael Sherman/ANA)

    Intussen is daar ’n hele rits Suid-Afrikaners in Warren Gatland se Barbarians-span wat Saterdag teen Wallis speel.

Schalk Brits is op die plaasvervangersbank ingesluit, terwyl Cornal Hendricks op linkervleuel uitdraf.

Barbarians: Shaun Stevenson (heelagter), Dillyn Leyds (regtervleuel), Mathieu Bastareaud (buitesenter), André Esterhuizen (binnesenter), Cornal Hendricks (linkervleuel), Curwin Bosch (losskakel), Bryn Hall (skrumskakel), Josh Strauss (agtsteman), Marco van Staden (flank), Pete Samu (flank), Tyler Ardron (slot), Luke Jones (slot), Wiehahn Herbst (stut), Rory Best (kaptein en haker), Campese Maafu (stut). Plaasvervangers: Schalk Brits, Craig Millar, Hencus van Wyk, George Biagi, Angus Cottrell, Jano Vermaak, Billy Meakes, Matt Duffie.

Wallis: Leigh Halfpenny (heelagter), Johnny McNicholl (regtervleuel), Owen Watkin (buitesenter), Hadleigh Parkes (binnesenter), Josh Adams (linkervleuel), Jarrod Evans (losskakel), Tomos Williams (skrumskakel), Aaron Wainwright (agtsteman), Justin Tipuric (kaptein en flank), Aaron Shingler, Adam Beard (slot), Jake Ball (slot), Dillon Lewis (stut), Ken Owens (haker), Wyn Jones (stut). Plaasvervangers: Elliot Dee, Rob Evans, Leon Brown, Seb Davies, Ollie Griffiths, Gareth Davies, Sam Davies, Owen Lane.

Gholf:

  • In die Alfred Dunhill-kampioenskap op Leopard Creek is die Nederlander, Wil Besseling, die voorloper.

Die 33-jarige spog met ’n telling van sewe onder die baansyfer. Die voorste Suid-Afrikaner is Keith Horne (-6).

Krieket:

  • In Adelaide is Australië tans 70/1 in die tweede toets teen Pakistan. Die tuisspan het die eerste toets op die Gabba op ’n drafstap met ’n beurt en vyf lopies gewen.

Marnus Labuschagne het 185 in die eerste toets aangeteken.

  • Die Durban Heat het 182 lopies aangeteken om die Cape Town Blitz met sewe paaltjies te klop.

Dane Vilas was die Durbaniete se groot held met sy spogbeurt van 75.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Marius ·

Australie het Pakistan vermorsel in die tweede toets tot dusver. Warner het 338 nie uit aangeteken nadat Paine die kaptein verklaar het vir 589/3. Labuschagne het 162 aangeteken. Paistan is tans aan die einde van dag 2, 96/6 nadat Starc hulle geboul het vir 6-62.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.