Vandag se sportnuus

Handré Pollard. Foto: GB Jordaan.

Rugby:

  • Handré Pollard is gisteraand as die Blou Bulle se speler van die jaar by hul jaareindfunksie aangewys.

Duane Vermeulen en Trevor Nyakane is van die ander wenners.

Speler van die jaar: Handré Pollard

Superrugby se speler van die jaar: Duane Vermeulen

Superrugby se agterspeler van die jaar: Burger Odendaal

Superrugby se voorspeler van die jaar: Trevor Nyakane

Curriebeker se speler van die jaar: Tim Agaba

SuperSport-uitdaagreeks se speler van die jaar: Ruan Nortje

  1. 21-speler van die jaar: Muller Uys
  2. 21-agterspeler van die jaar: Wian van Niekerk
  3. 21-voorspeler van die jaar: Hanru Sirgel
  4. 19-speler van die jaar: Richard Kriel.
  • Makazole Mapimpi vier fees in die Boktrui. (AP Photo/Florencia Tanjun).

    In Durban is Makazole Mapimpi as die Haaie se speler van die jaar aangewys. Die 29-jarige het uiteindelik met drie toekennings weggestap.

Speler van die jaar: Makazole Mapimpi

Spelers se speler van die jaar: Makazole Mapimpi

Ondersteuners se speler van die jaar: Makazole Mapimpi

Deurbraakspeler van die jaar: Sanele Nohamba

Haai XV-tal se speler van die jaar: Jeremy Ward

Curriebeker-speler van die jaar: Aphelele Fassi

Superrugby se speler van die jaar: André Esterhuizen

  1. 21-speler van die jaar: Evan Roos
  2. 19-speler van die jaar: Lunga Ncube

Krieket:

  • Nadat die Nelson Mandela Bay Giants op 21/3 gewankel het, het hulle die Tshwane Spartans se telling van 188/5 suksesvol gejaag.

Die Aussie Ben Dunk was die Giants se groot held met sy onoorwonne 99. Hy is egter vier keer in die veld misgevang.

In die Spartans se beurt het AB de Villiers oudergewoonte ’n blitsige vyftigtal geslaan.

Die Giants is nou eerste op die punteleer, terwyl die Spartans derde is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.