Die eerste Major van die jaar, die Amerikaanse Meesters, is op Augusta afgehandel. Die toernooi is deur Spanje se Sergio Garcia gewen. Suid-Afrika se Charl Schwartzel het derde geëindig.
Swem
Die Nasionale Swemkampioenskap het Saterdag in Durban ten einde geloop. Agt swemmers het vir die Wêreldkampioenskap later vanjaar gekwalifiseer.
Sewesrugby
Die sewende toernooi in die Wêreldreeks is die naweek in Hongkong gespeel. In die groepfase het die Blitsbokke bo in groep B geëindig. In die kwarteind het Suid-Afrika met Nieu-Seeland klaargespeel en in die halfeind met die VSA. In die eindstryd was Fidji egter een te veel vir die Blitsbokke en het met 22-0 geseëvier. Australië was derde en Nieu-Seeland vierde.
Die Springbok-vrouespan was ook in Hongkong in aksie. Hulle het goed gevaar om tot in die eindstryd te vorder waar hulle deur Japan met 22-10 geklop is.
Superrugby
Sewe wedstryde is die naweek gespeel.
Intussen het Sanzaar aangekondig dat aanstaande jaar se Superreeks uit 15 spanne sal bestaan. Suid-Afrika sal net vier spanne hê, wat beteken dat twee van die huidige spanne sal wegval.
Davisbekertennis
Suid-Afrika het die naweek teen Slowenië in die Davisbekerkragmeting by die Irene Buiteklub op die baan gestap. Suid-Afrika het oorheers en met 5-0 geseëvier. Later vanjaar gaan Suid-Afrika in ʼn promosie-relegasiestryd speel om moontlik na Afdeling Een op te skuif.
In die kwarteindronde van dié kompetise het Serwië vir Spanje geklop en Frankryk het Groot-Brittanje uitgeskakel.
Motorwedrenne
Die Chinese Formule Een Grand Prix is gister in Shanghai gejaag. Lewis Hamilton het van die begin tot die einde voorgejaag.
Die Argentynse MOTO GP-wedren is ook gister in Rio afgehandel. Marc Marquez was die voorloper voordat hy in ʼn ongeluk betrokke was. Die finale uitslag lyk só:
In die Moto 2-afdeling het Brad Binder van Suid-Afrika negende geëindig.
Eendagkrieket
Die Wes-Indiese Eilande en Pakistan het gister kragte gemeet in hul tweede Eendagwedstryd en Pakistan het met 74 lopies gewen.
IPL-krieket
Gister is daar twee wedstryde gespeel.
Gujarat Lions 135/7
Sunrisers Hyderabad 140/1
Sunrisers Hyderabad wen met 9 paaltjies.
Kolkata Knight Riders 178/7 (20 bb)
Mumbai Indians 180/6 (19.5/20 bb)
Mumbai Indians wen met 4 paaltjies met 1 bal oor.
Bepalings:
Sokker
Hier is van die naweek se Engelse Premierliga-uitslae:
AFC Bournemouth 1 – 3 Chelsea
Tottenham Hotspur 4 – 0 Watford
Everton 4 – 2 Leicester City
Sunderland 0 – 3 Manchester United
Vanaand speel Crystal Palace teen Arsenal om 21:00.
Kom ons loer na van gister se Nedbankbeker-uitslae in Suid-Afrika:
Acornbush 1 – 2 Kaizer Chiefs
Bloemfontein Celtic 2 – 1 Mbombela United
Die totale houe van Garcia en Rose tel nie op nie. Net die eerste drie dae se houe is by die totaal gevoeg. As ‘n mens na die totale houe kyk was daardie twee heeltemal in ‘n klas van hulle eie, ‘n volle 72 houe minder gespeel.
In die Sewes het NZ nie vierde geëindig nie. USA het teen Aus verloor om vierde te eindig