Vandag se sportnuus

Wladimir Poetin, die Russiese president, het aangedui dat Rusland teen Wada se beslissing sal veg. (Foto: Alexei Nikolsky, AP)

Atletiek:

  • Rusland is vir vier jaar deur die Wêreldagentskap teen die gebruik van verbode middels (Wada) verbied om aan enige groot wêreldsportgebeurtenis deel te neem. Dit sluit die Olimpiese en Paralimpiese Spele in Tokio, sowel as die Wêreldbeker-sokkertoernooi in Katar in.

Dié besluit kom ná Russiese atlete gereeld in die spervuur is weens die staatsondersteunde gebruik van verbode middels. Dit beteken dat Rusland se volkslied en nasionale vlag by groot internasionale byeenkomste afwesig gaan wees.

Atlete wat egter kan bewys dat hulle nie verbode middels in hul sisteem het nie, mag onder ’n neutrale vlag deelneem.

Volgens Wada het Rusland 21 dae tyd om teen die beslissing appél aan te teken.

  • Intussen sal die Suid-Afrikaanse rugbyspeler, Aphiwe Dyanti, in Februarie 2020 die geleentheid gegun word om teen sy skorsing vir die gebruik van verbode middels te appelleer.

Dié Springbok-ster het in Julie vanjaar ’n toets vir verbode middels in die Bok-kamp gedruip.

Rugby:

  • Die Blitsbokke sal in Groep A saam met Fidji, Japan en die VSA in aksie wees by die naweek se sewestoernooi in Kaapstad.

Neil Powell se span het verlede week skitterend in Dubai vertoon en Nieu-Seeland met 15-0 in die beker-eindstryd geklop.

Die naweek se bepalings:

20:03 teen Japan (Vrydagaand)

13:51 teen Fidji (Saterdag)

20:03 teen die VSA (Saterdag)

Powell het vir Hacjivah Dayimani na die groep opgetrek. Die talentvolle losvoorspeler van die Leeus vervang vir Christi Grobbelaar in die Blitsbok-groep.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.