Vandag se sportnuus

Ian Foster. Foto: Twitter.

Rugby:

  • Die All Blacks het Ian Foster as Steve Hansen se opvolger aangewys. Die 54-jarige is al sedert 2012 een van die Nieu-Seelanders se hulpafrigters.

Sy aanstelling kom as ietwat van ’n verrassing vir baie Kiwi’s aangesien die Crusaders se Scott Robertson baie se gunsteling was om die leisels by Hansen oor te neem.

Foster het ’n kontrak van twee jaar onderteken en hy moet nog sy assistent-afrigters aanwys.  Volgens berigte sal John Plumtree een van die vier hulpafrigters wees.

  • Die opwindende Hacjivah Dayimani sal as ’n voorsorgmaatreël vir die res van die seisoen nie by hierdie naweek se Kaapstad-sewestoernooi in aksie wees nie.

Die 22-jarige se enkelbesering van vroeër het weer opgevlam en afrigter Neil Powell wil eerder nie te veel waag nie.

“Daar wag nog ’n volle seisoen op Hacjivah en sy herstelproses is baie belangriker as ons korttermyn-doelwitte vir hierdie naweek,” het Powell gesê.

Die Blitsbokke is saam met die VSA, Fidji en Japan in ’n groep.

Krieket:

  • Die Tshwane Spartans en die Nelson Mandela Bay Giants sal Vrydag sake uitspook vir die eer om Maandag teen die Paarl Rocks in die eindstryd van die Mzansi Superliga te speel.

Reënweer het gesorg dat Gary Kirsten se Durban Heat nie vir die uitspeelwedstryde kan kwalifiseer nie. Nie ’n enkele aflewering was in hul laaste groepwedstryd teen die Jozi Stars afgestuur nie.

Dié onbeslisde uitslag het gesorg dat hulle vierde op die punteleer eindig, net een punt agter die Spartans in die derde plek.

  • Intussen sal die Paarl Rocks sonder die dienste van hul Engelsman, James Vince, vir Maandag se eindstryd wees.

Vince het sy tasse vir Australië gepak, waar hy vir die Sydney Sixers in die Big Bash League sal speel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Herman ·

Suid Afrika moet uit die Rugby kampeoenskap tree & en met die All Blacks maak soos met die Britse Leeus speel hulle net elke 12 de jaar – dit is erg vervelig om kort kort na die ou vervelige haka te kyk

Siener ·

Nee wat Herman. Sê eerder dis erg vervelig om te kyk hoe verloor die ou Bokke elke keer teen die All Blacks. As jy die Haka verstaan sal jy weet dit word tot eer van hulle teenstaanders gedoen. Ek weet dit maak sommige mense bang.

jonathan ·

Dankie Siener – Herman jy maak die duidelik vir almal on te sien jy weet niks van rugby af jy is n joke

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.