Vandag se sportnuus

JC Pretorius in Dubai-aksie. (Foto: Twitter)

Rugby:

  • Springbok-sewesafrigter Neil Powell het dieselfde span gekies vir die naweek se Kaapstad-sewestoernooi as wat verlede week in die beker-eindstryd met Nieu-Seeland in Dubai afgereken het.

Hacjivah Dayimani sou as die 13de speler saam gereis het, maar ’n enkelbesering het gesorg dat Impi Visser die amptelike reserwe is.

Die Blitsbokke begin vanaand om 20:03 hul veldtog teen Japan.

Blitsbok-groep: Chris Dry, Ryan Oosthuizen, Dylan Sage, Zain Davids, JC Pretorius, Siviwe Soyizwapi, Selvyn Davids, Rosko Specman, Justin Geduld, Kurt-Lee Arendse, Seabelo Senatla, Ruhan Nel en Impi Visser.

Krieket:

  • Die Nelson Mandela Bay Giants en die Tshwane Spartans spook vandag sake op St George’s Park in Port Elizabeth uit vir die eer om Maandag teen die Paarl Rocks in die eindstryd van die Mzansi Superliga te speel.
  • Intussen is die kaartjies vir die eindstryd op Bolandpark uitverkoop. Dié stadion in die Paarl kan 7 500 toeskouers akkommodeer.
  • In Australië het Marnus Labuschagne sy goeie spelpeil voortgesit en 143 lopies teen Nieu-Seeland in Perth geslaan.

Die 25-jarige Klerksdorp-boorling is uiteindelik deur nóg ’n voormalige Suid-Afrikaner, Neil Wagner, skoongeboul.

Australië se jongste beskikbare telling is 302/5 met Travis Head en Tim Paine voor die paaltjies.

Gholf:

  • In die Presidente-beker loop Ernie Els se internasionale span steeds voor teen Tiger Woods se sterbelaaide Amerikaanse span.

Suid-Afrika se Louis Oosthuizen en sy Aussie-spanmaat, Adam Scott, het hul tweestryd met Matt Kuchar en Dustin Johnson gewen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.