Vandag se sportnuus

Marnus Labuschagne. Foto: Facebook.

Krieket:

  • Die Klerksdorp-boorling Marnus Labuschagne is besig om sy stem dik vir Australië te maak. Die 25-jarige is tans die Aussies se tweede beste kolwer nadat hy David Warner op die internasionale kolfranglys verbygesteek het.

Labuschagne het onlangs sy derde agtereenvolgende toetshonderdtal teen die Nieu-Seelanders geslaan en is nou vyfde beste kolwer in toetskrieket.

Net Virat Kohli, sy spanmaat Steve Smith, Kan Williamson en Cheteshwar Pujara vaar tans beter met die wilgerlat as hy.

Kanse is ook goed dat hy vroeg volgende jaar sy eendagdebuut vir die Aussies kan maak wanneer hulle na Indië vir drie eendagwedstryde toer.

  • Intussen het David Miller die vierde Suid-Afrikaner geword om deel van die Big Bash-aksie in Australië te word.

Hy sal vir die Hobart Hurricanes speel.

AB de Villiers (Brisbane Heat), Dale Steyn (Melbourne Stars) en Chris Morris (Sydney Thunder) is die ander Proteas wat in die mik-en-moker-reeks sal speel.

  • In Mark Boucher se afwesigheid sal Mandla Mashimbyi die afrigtersleisels by die Titans oorneem.

Mashimbyi is sedert die 2013-seisoen een van die Pretorianers se hulpafrigters.

Rugby:

  • Agt Springbokke het hul kontrakte met WP Rugby verleng. Siya Kolisi, Pieter-Steph du Toit, Steven Kitshoff, Bongi Mbonambi, Scarra Ntubeni, Frans Malherbe, Damian Willemse en Dillyn Leyds sal ten minste tot 2021 in ’n Stormers-trui te siene wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.