Ná die Amerikaanse Meesterstoernooi het Sergio Carcia opgeskuif na die 7de plek op die Wêreldranglys.
Sewesrugby
Ná die toernooi in Hongkong die naweek is die Blitsbokke nog gemaklik voor op die punteleer. Hulle het dit ook reggekry om in hul 7de eindstryd uit 7 toernooie te speel.
Superrugby
In die Suid-Afrikaanse groep lyk die punteleer só:
Fietsry
Die Wêreld se topfietsryers is in Hongkong saamgetrek vir die Baanfietsry Wêreldkampioenskap. Brittanje is die gunsteling in dié kompetisie wat môre begin.
Motorwedrenne
Na afloop van die Chinese Formule Een Grand Prix in Shanghai, is Sebastian Vettel en Lewis Hamilton kop-aan-kop op die punteleer.
Op die jongste MOTO GP-punteleer is Maverick Vinales gemaklik voor.
In die Moto 2-afdeling is Brad Binder van Suid-Afrika 13de op die punteleer.
IPL-Krieket
Gister is daar een wedstryd gespeel.
Royal Challengers Bangalore 148/4 (20/20 bb). AB de Villiers het ‘n onoorwonne 89 lopies van 46 balle gemoker wat nege 6’e ingesluit het.
Kings XI Punjab antwoord met 150/2 (14.3/20 bb).
Kings XI Punjab wen met 8 paaltjies met 33 balle oor.
Bepalings:
Sokker
Hier is die Engelse Premierliga se eerste vyf posisies op die punteleer:
In Suid-Afrika word daar vanaand vier wedstryde in die Premierliga gespeel.
Chippa United v Polokwane City Nelson Mandela Bay Stadium
Orlando Pirates v Maritzburg United Orlando Stadium
Bidvest Wits v Golden Arrows Bidvest Stadium
Baroka FC v Free State Stars Peter Mokaba Stadium