Vandag se sportnuus

  • In sy tweede toets sal Rassie van der Dussen ’n belangrike rol teen Engeland moet speel. (AP Photo/Halden Krog)

    Die Proteas mag dalk nog ’n massiewe agterstand van 311 lopies in die tweede toets teen Engeland op Nuweland in die gesig staar, maar die span se kolfkenner, die legendariese Jacques Kallis, glo dat die Suid-Afrikaners ’n kans staan om die toets te red.

“Ons kolwers het vandag die geleentheid om helde te word,” het Kallis tydens ’n mediakonferensie ná die afloop van die vierde dag se spel gesê.

Die Proteas moet 438 lopies vir ’n onwaarskynlike oorwinning aanteken en hulle staan tans op 126/2 met Pieter Malan en Keshav Maharaj voor die paaltjies.

Dakar:

  • Suid-Afrika se Giniel de Villiers het die tweede skof van die moordende Dakar-wedren gewen. Lees die volledige berig binnekort op Maroela Media.

Gholf:

  • Die Suid-Afrikaanse Gholf‑ope begin Donderdag op Randpark in Johannesburg. Louis Oosthuizen, die verdedigende kampioen, sal terug wees om sy titel te verdedig.

Rugby:

  • Hoewel Cheslin Kolbe se Toulouse met 30 – 18 teen Stade Francais vasgeval het, was die Suid-Afrikaanse buksie-vleuel weer op sy heel beste.

In 12 lopies het hy agt verdedigers geklop en 121 meter gevorder. Sy goeie werk is met ’n drie laat in die wedstryd beloon.

  • Dan het Handré Pollard sy skopskoene vir Montpellier aangehad en 19 punte vir sy Franse klubspan aangeteken.

Montpellier het vir Brive met 29 – 26 geklop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.