Vandag se sportnuus

Engeland vier Faf du Plessis se paaltjie. (AP Photo/Halden Krog)

Krieket:

  • Die Proteas het weliswaar gister die tweede toets teen Engeland met 189 lopies op Nuweland verloor, maar Faf du Plessis se span kan trots wees op die manier waarop hulle vir ’n onbeslisde uitslag geveg het.

Die Suid-Afrikaners het vir amper 138 boulbeurte gekolf – hul langste kolfsessie in die vierde beurt van ’n toets in járe.

Pieter Malan (84 van 288 balle) het soos ’n veteraan van 100 toetse gekolf en nie soos iemand wat sy toetsbuiging gemaak het nie. Selfs Quinton de Kock (50 van 107) het met ongekende selfbeheersing gekolf en die stadigste vyftigtal van sy toetsloopbaan aangeteken.

Sy paaltjie – toe hy nie meer sy aanvallende instink kon beteuel nie – het egter die einde van Suid-Afrika se weerstand beteken. ’n Briljante Ben Stokes (3/35) het gesorg dat die Proteas hul laaste vier paaltjies vir slegs 11 lopies verloor het.

Gholf:

  • Louis Oosthuizen begin môre sy aanslag op sy tweede agtereenvolgende SA Ope-titel op Randpark in Johannesburg.

Oosthuizen sal môre om 08:35 saam met Christiaan Bezuidenhout en Jayden Schaper afslaan. Tien minute later sal Richard Sterne op die afslaanbof wees.

Tennis:

  • Roger Federer, Rafael Nadal en Serena Williams sal in liefdadigheidswedstryde gewikkel wees vóór die Australiese Ope later vandeesmaand. Die wedstryde sal ten bate van die slagoffers van die verwoestende veldbrande in Australië wees.

Dakar:

  • Spanje se Carlos Sainz het gister die derde skof van die Dakar-wedren gewen. Lees binnekort die volledige berig op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
koos

Faf du Plessis moet maar gaan en plek maak vir Bavuma.
Siende dat spelers op vorm gekies word en terug gestuur word om op provinsiale vlak te speel as hulle van vorm af is (om vorm op te bou), is dit absoluut die regte ding om te doen!

Kwaaitjie

Pieter Malan is die toekoms van toetskrieket. #watchthisspace