Vandag se sportnuus

Jos Buttler. Foto: Twitter.

Krieket:

  • Engeland se paaltjiewagter, Jos Buttler, is met 15% van sy wedstrydgeld beboet nadat hy Vernon Philander se ore behoorlik laat tuit het in die Proteas se laaste kolfbeurt op Nuweland.

Op ’n dramatiese finale dag het Philander en Kie. walgegooi om die toets vir die Proteas te beredder. Met slegs ’n paar paaltjies staande het Buttler besluit om die Suid-Afrikaanse veelsydige speler met ’n paar vloekwoorde te peper. Hoewel dit waarskynlik niks nuuts op ’n krieketveld is nie, kon ʼn mens duidelik Buttler se gekruide taal oor die paaltjiemikrofoon hoor.

Volgens ’n Internasionale Krieketraad-verklaring het Buttler skuldig gepleit en daar was geen rede vir ’n amptelike verhoor nie.

Dit was die 34-jarige Philander se laaste toets op sy geliefde Nuweland.

  • Intussen het Shane Warne se Baggy Green-veiling meer as een miljoen Australiese dollar vir brandslagoffers ingesamel.

“Julle het al my verwagtinge oortref en die geld sal aan die Rooikruis geskenk word om slagoffers te help,” het Warne op sosiale media geskryf.

Gholf:

  • Die 27-jarige Amerikaanse gholfspeler Johannes Veerman is die voorloper ná die eerste dag van die Suid-Afrikaanse Ope op Randpark in Johannesburg. Hy het ’n briljante ronde van 62 gespeel om met een hou voor te loop.

Italië se Nino Bertasio (-8) is in die tweede plek saam met Suid-Afrika se JC Ritchie.

Rugby:

  • Die oud-Springbok Hilton Lobberts is in die Stormers se groep ingesluit vir die naweek se oefenwedstryde teen die Kaap se universiteitspanne.

Die Stormers-groep: Kwenzo Blose, Deon Carstens, Ben-Jason Dixon, Lucky Dlepu, Jean-Luc du Plessis, Schalk Erasmus, Brendon Esterhuizen, Neethling Fouche, Hannes Gouws, Michal Haznar, Lyle Hendricks, Thys Kitshoff, David Kriel, Hilton Lobberts, Leon Lyons, Godlen Masimla, David Meihuizen, Matt Moore, Sihle Njezula, Sazi Sandi, Cornel Smit, Chad Solomon, Abner van Reenen, Ernst van Rhyn, Chris van Zyl, Ali Vermaak, Nama Xaba, Leolin Zas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 19:30 en 06:00.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.

Een kommentaar

toy ·

Dit is ‘n gentlemans game, as jy nie wil hoor nie dan moet jy maar voel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 19:30 en 06:00.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.