Vandag se sportnuus

“Siya, Siya, Siya …” Bokkaptein Siya Kolisi wys die gesogte Webb Ellis-trofee aan rugbygeesdriftiges in Durban. (Foto: @lusandakluthuli/Twitter)

Rugby:

  • Die Springbokkaptein, Siya Kolisi, is deur internasionale rugbyskrywers aangewys as die speler (óf afrigter) wat die grootste impak op die rugbywêreld in 2019 gemaak het.

Die Web Ellis-trofeewenner het die Pat Marshall-toekenning by ’n gala-dinee in Londen ontvang.

  • Matt Proudfoot is deel van Eddie Jones se Engeland-afrigterspan. Die 47-jarige sal voortaan die Rose se voorspelers bystaan.

“Engeland is waarskynlik die beste span in wêreldrugby om af te rig. Ek is werklik dankbaar jeens Eddie Jones en die res van sy afrigterspan wat my die geleentheid gegee het. Ek sien baie uit na die uitdaging en ek sal graag die Engelse rugbyliefhebbers trots wil maak,” het Proudfoot gesê.

Krieket:

  • ’n Suid-Afrikaanse krieketrekord van 93 jaar het in die slag gebly ná Oostelikes se Andrea Agathangelou en Yaseen Valli se merkwaardige vennootskap teen die Boland.

Die twee het 485 lopies in hul openingsvennootskap geslaan en sodoende die vorige rekord van 424 lopies behoorlik verbeter.

Jack Siedle en John Nicolson het dié rekord in 1926 opgestel.

  • Engeland se krieketkaptein, Joe Root, het Sondag se oefensessie weens ’n maagvirus misgeloop. Die Engelse toerspan loop omtrent onder die skete deur met James Anderson wat ook die res van die reeks weens ’n ribbe-besering sal misloop.

Dakar:

  • Fernando Alonso het tweede in die agtste skof van die Dakar-wedren in Saoedi-Arabië geëindig. Lees die volledige berig binnekort op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.