Vandag se sportnuus

David Warner en Aaron Finch gedurende gister se kragmeting. Foto: Twitter via Krieket Australië.

Krieket:

  • Australië het Indië gister ’n eendagkrieketles geleer toe hulle die eerste kragmeting tussen dié twee lande met 10 paaltjies in Mumbai gewen het.

Aaron Finch (110) en David Warner (128) was in ’n openingsvennootskap van 258 lopies betrokke en hulle het die wenlopies binne 38 boulbeurte geslaan.

Vroeër het die Aussie-boulers goed gedoen om die Indiërs vir 255 lopies uit te haal. Die Klerksdorp-boorling Marnus Labuschagne het sy eendagbuiging vir Australië in dié wedstryd gemaak.

  • Die derde toets tussen Engeland en Suid-Afrika begin môre op St George’s Park in Port Elizabeth.

Die toetsreeks is gelykop nadat die Proteas die eerste toets op SuperSportpark in Centurion gewen het. Engeland het egter sterk in die tweede toets op Nuweland vertoon om die wedstryd oortuigend met 189 lopies te wen.

Rugby:

  • Die blitsige Springbok-skrumskakel Cobus Reinach sal vanjaar sy laaste wedstryd vir die Britse klub Northampton Saints speel.

Die 29-jarige sal na verwagting volgende jaar by Montpellier in Frankryk aansluit.

  • Suid-Afrika se o. 20-rugbyspan is saam met Engeland, Fidji en Italië in Groep C van die komende junior Wêreldkampioenskap ingedeel.

Die jong Bokkies begin hul veldtog op 28 Junie wanneer hulle teen Fidji in Italië speel.

Atletiek:

  • Atletiek Suid-Afrika het ’n voorlopige span van 16 atlete vir die komende Wêreld-spanstapkampioenskap in Belarus gekies.

Die kampioenskap begin op 2 Mei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Robbie Kleynhans ·

Goeie nuus dat AB dit sal heroorweeg om hom beskikbaar te stel vir die Proteas:):)

J ·

Vir wat? Sodat hy Faf se plek in die span kan warm hou? Nee wat, Proteas moet oor AB kom. Hy,Amla,Steyn, word nou lank genoeg as verskoning gebruik. Los AB dat hy daai kids game 20/20 jol.

robert S Kleynhans ·

Bly om te hoor AB sal hom heelwaarskynlik weer beskikbaar stel vir die Proteas:)

Josi ·

As AB enigens backbone het, sal hy by sy besluit bly om afgetree te bly.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.