Vandag se sportnuus

Conor McGregor. Foto: Twitter.

Ultimate Fighting Championship:

  • Ná meer as ’n jaar lange afwesigheid maak Conor “Notorious” McGregor sy UFC-terugkeer wanneer hy Sondag vir Donald “Cowboy” Cerrone in Nevada aanvat.

Die omstrede Ier was in Oktober 2018 laas deel van die aksie toe hy teen Khabib Nurmagomedov verloor het. Hy sal met die Cerrone-geveg poog om sy loopbaan weer op koers te kry.

Van Sondag se ander gevegte:

Holly Holm teen Raquel Pennington; Aleksei Oleinik teen Maurice Greene; Claudia Gadelha teen Alexa Grasso en Anthony Pettis teen Carlos Diego Ferreira.

Krieket:

  • Die derde toets tussen Suid-Afrika en Engeland begin vandag in Port Elizabeth en met die reeks gelykop ná die eerste twee toetse, is albei spanne oorgehaal om hul bes te doen.

Kanse is goed dat Dane Paterson sy toetsdebuut vir die Proteas kan maak. Indien hy gekies word, sal hy waarskynlik vir Dwaine Pretorius in die elftal vervang.

Dit is die 50ste toets sedert 1991 tussen dié twee lande. Suid-Afrika en Engeland het 16 toetse elk gewen. Albei spanne spog ook elk met vier reeksoorwinnings.

  • In gister se Big Bash League-wedstryd het die Melbourne Renegades die Sydney Thunder met 12 lopies geklop.

Dan Christian – wat vir die Jozi Stars in die Mzansi Superliga gespeel het – was die Renegades se groot ster. Hy het 21 blitsige lopies aangeteken en daarna drie paaltjies laat spat.

Tennis:

  • Die tennislegende Chris Evert het gesê die swak luggehalte in Melbourne kan spelers veral in die langer wedstryde van die komende Australiese Ope kniehalter.

“Dit is beslis ’n gesondheidskwessie; veral wanneer ’n wedstryd oor vyf stelle beslis moet word en die spelers vir ’n hele ruk op die baan is. Jy wil dan beslis skoon lug inasem,” het Evert gesê.

Die veldbrande in Australië woed reeds vanaf September en verskeie topspelers, onder wie Novak Djokovic, het voorgestel dat die Aussie Ope uitgestel moet word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Devil

Almal sê McGregor lyk beter as ooit maar ek is nie so seker of hy vir Cowboy sal kan ore aansit nie…daai Yankee lyk so taai soos ‘n ratel!

My geld is steeds om McGregor, ek dink dit gaan ‘n GROOT een wees die.

My skedule sê die geveg begin 05:00 Sondag ogggend en ek mis dit vir niks!!!