Vandag se sportnuus

Suid-Afrika se Faf du Plessis. (Foto: Krieket SA via ANA)

Krieket:

  • Die beleërde Suid-Afrikaanse krieketkaptein, die 35-jarige Faf du Plessis, sal waarskynlik nog tot en met die T20-Wêreldbekertoernooi in Oktober deel van die Protea-opset bly.

Hy het egter aangedui dat die vierde toets teen Engeland op die Wanderers moontlik sy laaste toets op tuisbodem kan wees.

Die Proteas het die derde toets teen Engeland op Port Elizabeth met ’n beurt en 53 lopies verloor. Dit beteken dat Suid-Afrika sewe van hul laaste agt toetse verloor het. In sy laaste 12 toetsbeurte handhaaf Du Plessis ’n treurige gemiddeld van 21,25.

Sy algehele toetsgemiddeld is steeds 40,23, terwyl sy gemiddeld 47,47 in eendagkrieket is. Hy is steeds die beste kolwer waaroor Suid-Afrika tans beskik.

“Ek wil nie ’n emosionele besluit oor my toekoms maak, óf waar ons tans as span staan nie. Dit is vir my belangrik om ’n sterk leier vir die span te wees. Die slegste ding wat ’n kaptein kan doen, is om in die helfte van ’n reeks kop uit te trek,” het Du Plessis gesê.

Tennis:

  • In die Australiese Ope in Melbourne het Maria Sharapova nie verder as die eerste ronde gevorder nie.

Die 32-jarige Rus is deur Kroasië se Donna Vekic geklop. Die telling was 6-3 en 6-4.

  • Dan is Suid-Afrika se Lloyd Harris ook in die eerste ronde deur Argentinië se Diego Schwartzman uitgeboender. Die telling was 6-4, 6-2 en 6-2.

Rugby:

  • Die Blitsbokke is die naweek in Hamilton in aksie vir die volgende toernooi in die HSCBC-sewesreeks.

Hulle sal teen Japan, Engeland en Kenia in die groepfase kragte meet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

BLOKMAN ·

Kaptein kortmoutjies is net ‘n passasier in die span. Jaag hom weg , of gebruik hom om eerder tasse te dra of so iets.
Ons beste ?
Regtig ????

Santie ·

Ek wonder maar net…. sê nou FAF het ‘n “lopiereën gehad ipv’ n lopiedroogte” wat sou onse nasie se kommentaar gewees het… #ekwonder ☺️

Ne. ·

Wel Santie dit is presies die probleem is dit nie! Hoe lanklaas het Faf as kaptein en speler werklik waar n deeglikke bydrae gemaak of n lopiereen soos jy dit noem gehad??? Presteer en bly is mos maar hoe dit werk in die lewe of is dit maar nogmaals weer n Anc besigheid voorval waar onderpresteer geloof word??? Nee wat hy kan maar gaan…Moes laaaaankal gegaan het…

baas wicus ·

laat hy vir GUCCI gaan model werk doen of in sy restuarant gaan afshow met sy stywe kleertjies .en bring vir Bavuma in die span en laat Faf maar gaan blaf

Vita ·

Santie – die Faf is swak hy het AB uit die span gewerk, en dit nie as nie ,,hy het n looie droogte, hy is die groot rede hoekom die span swak is, hy was nog nooit n goeie kapt nie

Angelo ·

Bring AB trug…Hy Speel tans goeie krieket in d big bash..down under ????

Bekommerd ·

Stem,as FAF die lopies ingeryg het sou hy die hero gewees het,maar hy presteer tans ondegemiddeld en dit in onverskoonbaar in enige beroep.Hy skuld ons ‘n wen.Dalk is hy nie die beste kaptein nie maar ek glo hy is steeds ‘n goeie speler.Kom ons ondersteun die span.Wie weet

Nee wat! ·

Ek se weereens as is verbrande hout! As faf dit as Faf dat.. regtig mense??? Faf doen niks al vir n laaaannng tyd!! As Faf wel sy kant gebring het sou ons mos nie nou ons tyd kom mors met die Faf gesprekke nie so hoekom verdedig jul n speler wat onderpresteer met jul koppe al so in die sand???Tensy jul nie veel weet van krieket af nie,maar regtig sonder om beledigend te klink dit vat nie n missiel deskundige om te sien hy verdien nie meer sy plek in die span nie al vir n geruime tyd!Hoe regverdig jul dit dat so n speler wat so erg onderpresteer al vir so lank maar net in die span moet bly? Is dit n Afrika simptoom?Amper soos n BEE geval maar al verskil is hy is wit! Ek is verbaas hy is nie lankal terug uitgeskop nie!Seker maar al sy dame ondersteuners wat hom as gunsteling model speler want to be wees daar hou oor sy stywe help my sterk lyk hempies…genade….

Nico ·

Solank die mompelende blaaspppie in die span is en nog boonop kaptein ondersteun ek die oponente! Hy moes nooit ‘n internasionale speler geword het nie!

Siestog! ·

Skande…swak verlepte proteatjies…vrot vrot vrot…Kyk verloor doen n mens maar soms in lewe maar om so erg uitgeboender te word laat jul lyk soos n klomp skoolkinders wat speel teen volwasse manne!!! Sies sies sies proteas!!! Geen weerstand geen idee geen trots! Vat maar net jul paycheck en maak skandes!!! Nee wat min van jul daar tans verdien julle plek jammer!

Barbara Burger ·

Ek wens julle wil ophou met “moan” Suid afrikaners is die slegste verloorders in die wereld……Ek is n baie baie groot krieket ondersteuner vir die afgelope 40 jaar en sal altyd ons span EN spelers ondersteun……….. wen of verloor As julle kan beter speel???? wel!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.