Vandag se sportnuus

Kevin Anderson. Foto: Facebook.

Tennis:

  • Suid-Afrika se Kevin Anderson is deur na die tweede ronde van die Australiese Ope in Melbourne, nadat hy in vyf stelle met Ilya Ivashka klaargespeel het.

Die eindtelling was 6-4, 2-6, 4-6, 6-4 en 7-6 in die Suid-Afrikaner se guns.

  • Suid-Afrika se Lloyd Harris het teen Diego Schwartzman verloor.

Krieket:

  • Met Faf du Plessis wat ʼn ruskans kry, sal Quinton de Kock die leisels vir die komende eendagreeks teen Engeland by hom oorneem.

Die span sal ook sonder die dienste van Kagiso Rabada wees.

Goeie nuus is dat die opwindende Kyle Verreynne en Janneman Malan hul kanse sal kry, terwyl Temba Bavuma ook in die span is.

Die Proteas se eendaggroep is: Quinton de Kock (kaptein), Reeza Hendricks, Temba Bavuma, Rassie van der Dussen, David Miller, Jon Jon Smuts, Andile Phehlukwayo, Lutho Sipamla, Lungi Ngidi, Tabraiz Shamsi, Sisanda Magala, Bjorn Fortuin, Beuran Hendricks, Janneman Malan en Kyle Verreynne.

  • Suid-Afrika se o. 19-krieketspan speel vandag in hul tweede wedstryd van die Wêreldbeker-toernooi teen Kanada in Potchefstroom.

Die span het in hul openingswedstryd sleg teen Afganistan verloor en dit was veral die draaibalbouers wat amok onder die Suid-Afrikaanse kolwers gemaak het.

Rugby:

  • Die Springbok-senter Lukhanyo Am sal die Sharks in hul Superrugby-veldtog aanvoer.

Die Sharks se groep vir die komende reeks:

Voorspelers: Andisa Ntsila, Celimpilo Gumede, Craig Burden, Dylan Richardson, Emile van Heerden, Evan Roos, Fezokuhle Mbatha, Henco Venter, Hyron Andrews, James Venter, JJ van der Mescht, John-Hubert Meyer, Jordan Sesink-Clee, Juan Schoeman, Kerron van Vuuren, Khutha Mchunu, Le Roux Roets, Lubabalo (Tera) Mtembu, Michael Kumbirai, Mzamo Majola, Ox Nche, Phepsi Buthelezi, Ruben van Heerden, Sikhumbuzo Notshe, Thomas du Toit en Tyler Paul.

Agterspelers: André Esterhuizen, Aphelele Fassi, Cameron Wright, Curwin Bosch, Grant Williams, Boeta Chamberlain, Jeremy Ward, Jordan Chait, JP Pietersen, Louis Schreuder, Lukhanyo Am (kaptein), Lwazi Mvovo, Madosh Tambwe, Makazole Mapimpi, Marius Louw, Murray Koster, Sanele Nohamba, S’bu Nkosi en Thaakir Abrahams.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Well done ·

Well done Kevin, dit is fantasties, sterkte vir die res!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.