Vandag se sportnuus

Jamie Roberts saam met Siya Kolisi. Foto: Stormers se Twitter-rekening.

Rugby:

  • Die 33-jarige Walliese senter Jamie Roberts het gesê hy wil die Superrugby-titel wen.

Hy het onlangs in Suid-Afrika aangekom waar hy vir die Stormers in die reeks sal uitdraf.

“Ek wil Superrugby wen; dit is waarom ek hier is. Ek wil net my beste vir die span gee. Superrugby is baie anders as rugby in die Noordelike Halfrond – dis vinniger en die bal word baie meer rondgeslinger,” het Roberts gesê.

  • Intussen word die nuwe Springbok-afrigter vandag om 14:00 aangekondig.

Jacques Nienaber is in die binnebaan om by Rassie Erasmus oor te neem.

  • Die Blitsbokke is die naweek in Hamilton in aksie vir die volgende toernooi in die HSBC-sewesreeks.

Stedman Gans se span sal teen Japan, Kenia en Engeland in die groepfase te staan kom.

Krieket:

  • Die vierde en laaste kriekettoets tussen Suid-Afrika en Engeland begin vandag om 10:00 op die Wanderers in Johannesburg.

Temba Bavuma is terug in die Protea-groep en gaan op nommer vyf vir die Suid-Afrikaners kolf. Dit beteken dat Rassie van der Dussen derde op die kolflys is.

Zubayr Hamza sal vir Bavuma moet plek maak.

  • Gister het AB de Villiers se Brisbane Heat met agt paaltjies teen die Sydney Sixers verloor. De Villiers het 24 lopies aangeteken.

Gholf:

  • Amerika se Tiger Woods het ’n spogronde van 69 (drie onder baansyfer) op Torrey Pines gespeel.

Hy jaag sy 83ste Amerikaanse PGA-sege na.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.