Vandag se sportnuus

Morné Steyn. Argieffoto.

Rugby:

  • Die veteraan-losskakel Morné Steyn is in die Bulls se beginspan ingesluit vir hul wedstryd Vrydag teen die Sharks in Durban.

Hy het in 2013 laas vir die Pretorianers uitgedraf.

Bulls: Warrick Gelant (heelagter), Cornal Hendricks (regtervleuel), Johnny Kotze (buitesenter), Burger Odendaal (kaptein en binnesenter), Rosko Specman (linkervleuel), Morné Steyn (losskakel), Ivan van Zyl (skrumskakel), Josh Strauss (agtsteman), Abongile Nonkontwana (flank), Jeandré Rudolph (flank), Juandré Kruger (slot), Andries Ferreira (slot), Wiehahn Herbst (stut), Jaco Visagie (haker), Lizo Gqoboka (stut). Plaasvervangers: Johan Grobbelaar, Simphiwe Matanzima, Trevor Nyakane, Ruan Nortje, Ryno Pieterse, Wian Vosloo, Embrose Papier en Manie Libbok.

Op hul beurt het die Sharks Ox Nché en James Venter vir hul span gekies.

Die Springbok-senter Lukhanyo Am sal die Durbaniete aanvoer.

Sharks: Aphelele Fassi (heelagter), S’bu Nkosi (regtervleuel), Lukhanyo Am (buitesenter), André Esterhuizen (binnesenter), Makazole Mapimpi (linkervleuel), Curwin Bosch (losskakel), Louis Schreuder (skrumskakel), Sikhumbuzo Notshe (agtsteman), Tyler Paul (flank), James Venter (flank), Hyron Andrews (slot), Ruben van Heerden (slot), Thomas du Toit (stut), Kerron van Vuuren (haker), Ox Nché (stut). Plaasvervangers: Craig Burden, Juan Schoeman, John-Hubert Meyer, Le Roux Roets, Henco Venter, Sanele Nohamba, Boeta Chamberlain en Jeremy Ward.

Die wedstryd begin Vrydag om 19:10 en sal regstreeks op SuperSport 1 uitgesaai word.

Krieket:

  • Suid-Afrika se o. 19-krieketspan speel vandag in die kwarteindstryd van hul Wêreldbeker-toernooi teen Bangladesj in Potchefstroom.

Die jong Proteas het tweede in hul groep ná Afganistan geëindig, maar hul kaptein, Bryce Parsons, is vuurwarm met die kolf. Hy is tans die voorste lopiemaker in die toernooi en het vroeër ’n praghonderdtal teen Kanada geslaan.

Die wedstryd begin om 10:00.

  • Intussen sal Engeland se Jofra Archer die komende T20-reeks weens ’n elmboogbesering misloop.

Die blitsige Archer het net in die eerste toets op SuperSportpark teen die Proteas gespeel.

Tennis:

  • In die Australiese Ope het Amerika se Sofia Kenin die plaaslike heldin Ashleigh Barty met 7-6 en 7-5 geklop om na die eindstryd van die vrouetoernooi deur te dring.

Gister het Dominic Thiem vir Rafael Nadal met 7-6, 7-6, 6-4 en 7-6 in hul kwarteindstryd-kragmeting getroef.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
Stefan

Moet Libbok nou rerig plek maak vir Steyn. Ek verstaan dit nie

AstonishingWhisperer

Die Bulls bestuur het gesê dat Libbok die no. 1 losskakel is???