Vandag se sportnuus

 

Jannie du Plessis. Foto: Twitter.

Rugby:

  • Die 2020-weergawe van die Superrugby-reeks begin dié naweek met die Lions wat ook hul span aangekondig het vir hul kragmeting teen die Jaguares in Argentinië.

Die 37-jarige Jannie du Plessis sal op stut vir die Johannesburgers begin, terwyl Elton Jantjies die kaptein is.

Die wedstryd begin Sondagoggend om 01:00 en sal regstreeks op SuperSport uitgesaai word.

Lions teen Jaguares: Tiaan Swanepoel (heelagter), Tyrone Green (regtervleuel), Duncan Matthews (buitesenter), Dan Kriel (binnesenter), Courtnall Skosal (linkervleuel), Elton Jantjies (kaptein en losskakel), André Warner (skrumskakel), Len Massyn (agtsteman), Vincent Tshituka (flank), Marnus Schoeman (flank), Marvin Orie (slot), Ruben Schoeman (slot), Jannie du Plessis (stut), Pieter Jansen (haker) en Dylan Smith (stut). Plaasvervangers: Jan-Henning Campher, Sti Sithole, Carlu Sadie, Wilhelm van der Sluys, Ruan Vermaak, Hacjivah Dayimani, Morné van den Berg en Mannie Ras.

  • Ander bepalings:

Vrydag: Brumbies teen Reds (10:15); Sharks teen Bulls (19:15)

Saterdag: Sunwolves teen Rebels (05:45); Crusaders teen Waratahs (08:05); Stormers teen Hurricanes (15:05).

  • Daar is ook Sewes-aksie in Sydney met die Blitsbokke wat môre teen Argentinië (03:41), Frankryk (09:30) en Samoa (Sondag om 02:51) speel.

Krieket:

  • Die o.19-Proteas het gister met 104 lopies teen Bangladesj in hul Wêreldbeker-kwarteindstryd op Potchefstroom verloor.

Bangladesj het eerste gekolf en 261/5 in hul 50 boulbeurte aangeteken. Hulle het daarna die Proteas vir 157 uitgeknikker.

Tennis:

  • Dominic Thiem en Alexander Zverev speel vandag in die tweede manshalfeindstryd van die Australiese Ope in Melbourne.

Novak Djokovic het gister in drie stelle vir Roger Federer in die ander halfeindstryd uitgeskakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae