Vandag se sportnuus

Sewesrugby

Die agtste toernooi van die Wêreldreeks begin oormôre in Singapoer. Chris Dry sal in sy 60ste toernooi in aksie wees. Hierna bly net die Franse en Britse toernooie in vanjaar se reeks oor.

  • Suid-Afrika speel Saterdag om 06:06 teen Japan.
  • Die tweede wedstryd is teen Frankryk om 09:06.
  • In ons laaste wedstryd in die groepfase kom ons teen Engeland te staan om 13:02.

Superrugby

Die Sharks het ʼn loslootjie die naweek. Die bepalings lyk só:

Fietsry

By die Wêreldkampioenskap vir baanfietsry in Hongkong het Italië, Rusland en Nieu-Seeland met die eerste drie goue medaljes weggestap. In die span-naelry vir mans het Nieu-Seeland eerste geëindig, Nederland was tweede en Frankryk derde.

Motorwedrenne

Die Formule Een Grand Prix van Bahrain se oefenrondtes begin reeds môre. Die kwalifisering vind Saterdag plaas om te bepaal wie Sondag eerste op die wegspringrooster sal wees.

IPL-krieket

Gister is daar een wedstryd gespeel.

Sunrisers Hyderabad      158/8 (20 bb)

Mumbai Indians           159/6 (18.4/20 bb)

Mumbai Indians wen met 4 paaltjies met 8 balle oor.

Bepalings:

Gholf

In die Amerikaanse Reeks begin die RBC Heritage-toernooi vandag in Suid-Carolina. Van die Suid-Afrikaners wat in aksie sal wees, is Ernie Els, die verdedigende kampioen Branden Grace asook Tyrone Van Aswegen.

In die Europese reeks slaan die spelers af in die Trophee Hassan II-toernooi in Marokko. Verskeie Suid-Afrikaners is op die afslaanlys. Dit sluit in Justin Walters, Trevor Fisher Junior, Richard Sterne en Brandon Stone.

Sokker

In die UEFA-kampioeneliga is daar drie eerstebeen-kwarteindwedstryde geskeduleer.

Atlético Madrid         1 – 0    Leicester City

Borussia Dortmund 2 – 3    Monaco

Bayern München     1 – 2    Real Madrid

Cristiano Ronaldo het sy 100ste Europese doel vir Real Madrid aangeteken.

In Suid-Afrika is twee wedstryde gister in die Premierliga gespeel.

Ajax Cape Town      1 – 0    Highlands Park

Bloemfontein Celtic 0 – 2    Kaizer Chiefs

Vanaand word daar twee wedstryde in die Premierliga gespeel:

Mamelodi Sundowns       v         SuperSport United         18:00

Platinum Stars          v         Cape Town City            18:00

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.