Vandag se sportnuus

Die Sharks het hul span vir hul Dunedin-stryd gekies. (Foto: GB Jordaan)

Rugby:

  • Die voormalige Lions-speler Madosh Tambwe begin môre op regtervleuel vir die Sharks in hul Superrugby-ontmoeting met die Highlanders in Dunedin.

Die vlugvoetige Tambwe sal saam met Makazole Mapimpi die Sharks se spoedvrate wees, terwyl Lukhanyo Am weer die span van sy posisie op buitesenter sal aanvoer.

Die wedstryd begin môre om 08:05

Sharks: Aphelele Fassi (heelagter), Madosh Tambwe (regtervleuel), Lukhanyo Am (kaptein en buitesenter), André Esterhuizen (binnesenter), Makazole Mapimpi (linkervleuel), Curwin Bosch (losskakel), Louis Schreuder (skrumskakel), Sikumbuzo Notshe (agtsteman), Tyler Paul (flank), James Venter (flank), Hyron Andrews (slot), Ruben van Heerden (slot), Thomas du Toit (stut), Kerron van Vuuren (haker), Ox Nché (stut). Plaasvervangers: Craig Burden, Juan Schoeman, John-Hubert Meyer, Le Roux Roets, Henco Venter, Sanele Nohamba, Boeta Chamberlain, Jeremy Ward.

Highlanders: Josh McKay (heelagter), Tima Fainga’anuku (regtervleuel), Rob Thompson (buitesenter), Josh Ioane (binnesenter), Jona Nareki (linkervleuel), Mitch Hunt (losskakel), Aaron Smith (skrumskakel), Marino Mikaele‑Tu’u (agtsteman), James Lentjes (kaptein en flank), Dillon Hunt (flank), Josh Dickson (slot), Pari Pari Parkinson (slot), Siate Tokolahi (stut), Liam Coltman (haker) en Ayden Johnstone (stut). Plaasvervangers: Ash Dixon, Daniel Lienert-Brown, Josh Iosefa-Scott, Jesse Parete, Shannon Frizell, Kayne Hammington, Michael Collins, Teariki Ben-Nicholas.

Krieket:

  • Die tweede eendagwedstryd tussen Suid-Afrika en Engeland word môre om 13:00 in Durban gespeel.

Die Proteas loop met 1 – 0 voor nadat hulle Dinsdagaand die openingswedstryd van die reeks met sewe paaltjies gewen het. Quinton de Kock en Temba Bavuma se skitterende vennootskap van 173 lopies om die tweede paaltjie het die weg tot die puik oorwinning gebaan.

  • Intussen het die Proteas se vrouekrieketspan die tweede T20-wedstryd teen Nieu-Seeland met vyf paaltjies in Hamilton verloor.

Tennis:

  • Roger Federer het gister in Suid-Afrika vir sy liefdadigheidswedstryd teen Rafael Nadal geland. Lees binnekort ʼn volledige berig hieroor op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.