Vandag se sportnuus

Pieter-Steph du Toit. Foto: GB Jordaan.

Rugby:

  • Die Stormers sal die Du Toit-broers, Pieter-Steph en Johan, teen die Bulls loslaat in hul Superrugby-wedstryd op Nuweland. Johan sal vir Siya Kolisi in die beginspan vervang.

Die Kapenaars se Springbok-stut sal sy 100ste Superrugby-wedstryd speel, terwyl Trevor Nyakane sy terugkeer tot die Bulls se beginspan maak.

Die kragmeting is môre om 17:15.

Stormers: Dillyn Leyds (heelagter), Sergeal Petersen (regtervleuel), Ruhan Nel (buitesenter), Jamie Roberts (binnesenter), Seabelo Senatla (linkervleuel), Damian Willemse (losskakel), Herschel Jantjies (skrumskakel), Johan du Toit (agtsteman), Pieter-Steph du Toit (flank), Jaco Coetzee (flank), Chris van Zyl (slot), Salmaan Moerat (slot), Frans Malherbe (stut), Scarra Ntubeni (haker), Steven Kitshoff (stut). Plaasvervangers: Chad Solomon, Ali Vermaak, Wilco Louw, Cobus Wiese, Ernst van Rhyn, Juarno Augustus, Godlen Masimla en Jean-Luc du Plessis.

Bulls: Warrick Gelant (heelagter), Cornal Hendricks (regtervleuel), Johnny Kotze (buitesenter), Burger Odendaal (kaptein en binnesenter), Rosko Specman (linkervleuel), Morné Steyn (losskakel), Ivan van Zyl (skrumskakel), Josh Strauss (agtsteman), Abongile Nonkontwana (flank), Jeandré Rudolph (flank), Juandré Kruger (slot), Andries Ferreira (slot), Trevor Nyakane (stut), Jaco Visagie (haker) en Lizo Gqoboka (stut). Plaasvervangers: Johan Grobbelaar, Gerhard Steenekamp, Wiehahn Herbst, Ruan Nortjé, Wian Vosloo, Embrose Papier, Manie Libbok en Divan Rossouw.

  • Die Sharks speel tans teen die Highlanders in Dunedin en die jongste beskikbare telling is 3-elk.

Krieket:

  • Die tweede eendagwedstryd tussen die Proteas en Engeland begin vandag om 13:00 in Durban. Die Suid-Afrikaners het die eerste wedstryd op Nuweland met sewe paaltjies gewen.

Tennis:

  • Oor net ’n paar uur sal Roger Federer en Rafael Nadal kragte in Kaapstad meet. Die aksie sal al vanaf 18:30 op SuperSport begin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.