Vandag se sportnuus

Lungi Ngidi het gisteraand ’n skitterende laaste boulbeurt geboul. Argieffoto.

Krieket:

  • Mark Boucher het sy eerste toets-, eendag- én T20-wedstryde aan die stuur van die Proteas gewen.

Hoewel dinge nie so goed verder in die toetsreeks teen Engeland verloop het nie, behoort gisteraand se T20-sege met een lopie teen die einste Engelse in Oos-Londen vir baie glimlagte te sorg.  Die Proteas het vir die eerste keer in maande weer veggees gewys.

Nadat die Suid-Afrikaners 177/8 in hul toegelate 20 boulbeurte aangeteken het, het Lungi Ngidi (3/30) skitterend in die laaste boulbeurt geboul om sewe lopies teen Moeen Ali-hulle te verdedig.

Dale Steyn het sy terugkeer tot die T20-span met die paaltjie van Jos Buttler gevier.

Die volgende wedstryd is Vrydag in Durban.

Formule Een:

  • Die Sjinese F1-wedren wat op 19 April in Sjanghai sou plaasvind, is weens die koronavirus uitgestel.

Meer as ’n duisend mense het al weens die virus gesterf.

Rugby:

  • Die Hurricanes het hul span vir die komende naweek se Superrugby-kragmeting teen die Sharks bekend gemaak.

Jordie Barrett, wat verlede week ’n monster van ’n stelskop (63 m) tussendeur die pale gejaag het, begin op heelagter, terwyl TJ Perenara die span sal aanvoer.

Die wedstryd sal Saterdag om 08:05 begin.

Hurricanes: Jordie Barrett (heelagter), Wes Goosen (regtervleuel), Vince Aso (buitesenter), Ngani Laumape (binnesenter), Ben Lam (linkervleuel), Jackson Garden-Bachop (losskakel), TJ Perenara (kaptein en skrumskakel), Reed Prinsep (agtsteman), Gareth Evans (flank), Vaea Fifita (flank), Scott Scrafton (slot), Isaia Walker-Leawere (slot), Tyrel Lomax (stut), Asafo Aumua (haker), Fraser Armstrong (stut). Plaasvervangers: Dane Coles, Pouri Rakete-Stones, Alex Fidow, Liam Mitchell, Du Plessis Kirifi, Jamie Booth, Feltcher Smith, Billy Proctor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Morne ·

Asb Maak net die een van Rugby reg . Dit die Sharks wat teen die Hurricanes speel en nie die Stormers nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.