Vandag se sportnuus

Willem Alberts. Foto: Facebook.

Rugby:

  • In die groot Suid-Afrikaanse Superrugby-derby tussen die Lions en die Stormers op Emirates Airline-park sal Willem Alberts waarskynlik in sy eerste wedstryd vir die Johannesburgers begin.

Die voormalige Springbok-losvoorspeler het sy bo-armspier beseer en het sedert sy terugkeer van Frankryk nog nie vir die Lions gespeel nie.

Afskoptyd is môre om 15:15.

Lions: Andries Coetzee (heelagter), Tyrone Green (regtervleuel), Manuel Rass (buitesenter), Dan Kriel (binnesenter), Courtnall Skosan (linkervleuel), Elton Jantjies (kaptein en losskakel), Morné van den Berg (skrumskakel), Len Massyn (agtsteman), Vincent Tshituka (flank), Marnus Schoeman (flank), Marvin Orie (slot), Ruben Schoeman (slot), Jannie du Plessis (stut), Pieter Jansen (haker) en Dylan Smith (stut). Plaasvervangers: Jan-Henning Campher, Sti Sithole, Carlü Sadie, Wilhelm van der Sluys, Willem Alberts, Hacjivah Dayimani, Dillon Smit, Wandisile Simelane.

Stormers: Dillyn Leyds (heelagter), Sergeal Petersen (regtervleuel), Ruhan Nel (buitesenter), Jamie Roberts (binnesenter), Seabelo Senatla (linkervleuel), Damian Willemse (losskakel), Godlen Masimla (skrumskakel), Juarno Augustus (agtsteman), Pieter-Steph du Toit (flank), Johan du Toit (flank), Chris van Zyl (slot), Salmaan Moerat (slot), Wilco Louw (stut), Scarra Ntubeni (haker), Steven Kitshoff (kaptein en stut). Plaasvervangers: Chad Solomon, Ali Vermaak, Frans Malherbe, JD Schickerling, Cobus Wiese, Ernst van Rhyn, Paul de Wet, Jean-Luc du Plessis.

  • Die Sharks sal môre sonder die diens van Curwin Bosch vir hul Hurricanes-stryd in Nieu-Seeland wees.

Die talentvolle losskakel het weens persoonlike redes terug na Suid-Afrika gevlieg. Hy word deur Boeta Chamberlain vervang.

Sharks: Aphelele Fassi (heelagter), Madosh Tambwe (regtervleuel), Lukhanyo Am (kaptein en buitsenter), André Esterhuizen (binnesenter), Makazole Mapimpi (linkervleuel), Boeta Chamberlain (losskakel), Louis Schreuder (skrumskakel), Sikumbuzo Notshe (agtsteman), Tyler Paul (flank), James Venter (flank), Hyron Andrews (slot), Ruben van Heerden (slot), Thomas du Toit (stut), Kerron van Vuuren (haker), Ox Nché (stut). Plaasvervangers: Craig Burden, Juan Schoeman, John-Hubert Meyer, Le Roux Roets, Dylan Richardson, Phepsi Buthelezi, Sanele Nohamba, Jeremy Ward.

Krieket:

  • Die tweede T20-wedstryd tussen die Proteas en Engeland word vandag in Durban beslis.

Suid-Afrika het die eerste kragmeting in Oos-Londen met een lopie gewen.

Tennis:

  • Wat kleibaantennis betref, sal Roger Federer slegs by die Franse Ope op Roland-Garros in aksie wees.

Die 38-jarige Federer kon die Franse titel nog net een keer (2009) wen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.