Vandag se sportnuus

Atletiek

Die 2017-Diamantliga het die naweek in Doha afgeskop. Suid-Afrika se Akani Simbine het in die 100 m geskitter deur af te reken met Justin Gatlin en Asafa Powell. Sy wentyd was 9.99 sek.

800 m: Vroue

1ste    Caster SEMENYA              RSA 1:56.61

400 m: Hekkies (mans)

3de     L.J. VAN ZYL                       RSA   49.49

5de     Cornel FREDERICKS        RSA    49.96

Superrugby

Die uitslae van die naweek lyk só:

Moto GP

Die Spaanse Moto GP is gister gejaag en drie Spanjaarde het hul stemme dik gemaak.

Fietsry

Die 100ste Toer van Italië het die naweek begin. Gister se derde skof is deur Fernando Gaviria gewen.

Derde skof

1 – Fernando Gaviria          (Quick-Step) 148 km in 3:26:33, gemiddelde spoed 42.992 km/h

2 – Rüdiger Selig             (Bora – Hansgrohe)

3 – Giacomo Nizzolo          (Trek – Segafredo)

Algeheel:

1 – Fernando Gaviria          (Quick-Step Floors)

2 – André Greipel             (Lotto Soudal)

3 – Lukas Pöstlberger        (Bora – Hansgrohe)

IPL-krieket

Twee wedstryde is gister gespeel.

  • Kings XI Punjab v Gujarat Lions: Gujarat Lions wen met 6 paaltjies ten spyte van Hasim Amla se 100-tal.
  • Royal Challengers Bangalore v Kolkata Knight Riders: Knight Riders wen met 6 paaltjies.

Bepalings:

Vrouekrieket

Suid-Afrika het gister in die vierhoekige reeks op Potchefstroom met Zimbabwe klaargespeel. Die Proteas het met 8 paaltjies geseëvier.

Netbal

Die Brutal Fruit Premierliga se aksie was die naweek by die Universiteit van Kaapstad.

  • Gister het die Free State Crinums die Eastern Cape Aloes met 63 doele teenoor 36 geklop.
  • Die Golden Fireballs het die rekordboeke herskryf deur die Diamonds met 90 – 10 af te ransel.

Gholf

In die Amerikaanse Reeks is die Wells Fargo-kampioenskap afgehandel.

In die Sonskynreeks is die Royal-Swazi Ope gespeel.

Hokkie

Die Varsity-hokkiereeks het die naweek op Stellenbosch begin. Gister is twee wedstryde gespeel.

Pukke 1 – 0 Tuks

Wits    1 – 0 Kovsies

Sokker

In die Engelse Premierliga lyk gister se twee uitslae só.

Arsenal         2 – 0    Manchester United

Liverpool       0 – 0    Southampton

Vanaand speel Chelsea teen Middlesbrough.

In Suid-Afrika is drie wedstryde gister in die Premierliga gespeel.

Platinum Stars     1 – 0    Highlands Park

Bidvest Wits       1 – 0    Maritzburg United

Orlando Pirates    0 – 2    Mamelodi Sundowns

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.