Vandag se sportnuus

Christiaan Bezuidenhout. Foto: Michael Sherman (ANA)

Laureus-sporttoekennings:

  • Die wenners van vanjaar se Laureus-sporttoekennings word vandag bekend gemaak. Suid-Afrika se seëvierende Springbok-rugbyspan en die inspirerende swem-ster, Natalie du Toit, is die land se twee benoemdes.

Gholf:

  • Christiaan Bezuidenhout het Sondag op Fancourt, George, die Dimension Data Pro-am-gholftoernooi gewen.

Hy het die vier rondes in 264 houe voltooi. George Coetzee was tweede met Richard Sterne in die derde plek.

  • Die Australiër Adam Scott het Sondag sy eerste PGA-titel sedert 2016 gewen toe hy in die Genesis-Ope in Kalifornië geseëvier het.

Krieket:

  • Engeland het die reeks teen die Proteas met 2-1 gewen.

Die Engelse T20-krieketspan het Sondag op SuperSportpark in Centurion die derde en beslissende kragmeting met vyf paaltjies gewen. Die Engelse kaptein, Eoin Morgan, het ʼn onoorwonne beurt van 57 lopies van slegs 22 balle aangeteken, waaronder sewe sesse.

  • Die Suid-Afrikaanse vrouekrieketspan het Sondag ʼn opwarmwedstryd teen Sri Lanka met 44 lopies gewen.

Die span speel Dinsdag sy tweede oefenwedstryd teen Australië voor die T20-Wêreldbeker op 23 Februarie begin.

Rugby:

  • Varsity-rugbyreeks:

Vanaand se bepalings: UWK teen Ikeys, Tuks teen UJ, Maties teen Ixia en die Pukke teen die Shimlas.

  • Superrugby-uitslae:

Sondag:

Jaguares 43-27 Reds

Saterdag:

Stormers 33-30 Lions

Highlanders 23-22 Brumbies

Hurricanes 38-22 Sharks

Chiefs 43-17 Sunwolves

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.