Vandag se sportnuus

Faf du Plessis het in sy laaste witbalkrieketbeurt teen Australië ’n honderdtal geslaan. Argieffoto.

Krieket:

  • Faf du Plessis is saam met Kagiso Rabada en Anrich Nortjé vir die komende T20-reeks teen Australië gekies. Die beleërde Du Plessis het gister afstand gedoen van sy rol as Suid-Afrika se toetskrieketkaptein. Quinton de Kock het die Proteas in die afgelope witbalkrieket-reekse teen Engeland aangevoer.

Die eerste T20-kragmeting teen die Aussies is Vrydag op die Wanderers.

Die Protea-groep: Quinton de Kock (kaptein), Temba Bavuma, Faf du Plessis, Rassie van der Dussen, David Miller, Pite van Biljon, Dwaine Pretorius, Andile Phehlukwayo, Jon-Jon Smuts, Kagiso Rabada, Tabraiz Shamsi, Lungi Ngidi, Bjorn Fortuin, Anrich Nortjé, Dale Steyn en Heinrich Klaasen.

Rugby:

  • Die Springbokke het gisteraand stof in onder andere Liverpool en Amerika se vrouesokkerspan se oë geskop om as die span van die jaar by die gesogte Laureus-sporttoekennings in Berlyn aangewys te word.

“Ons is ongelooflik trots en wil graag vir Rassie, Siya en die hele Bokspan gelukwens met die fantastiese toekenning,” het SA Rugby se president, Mark Alexander, gesê.

“Hulle was helde op én langs die veld en hulle het soos ware Suid-Afrikaanse ambassadeurs opgetree.”

  • Rasta Rasivhenge, Marius van der Westhuizen en AJ Jacobs sal die naweek in beheer van die Suid-Afrikaanse Superrugbyspanne se wedstryde wees.

Rasivhenge is die skeidsregter in die Stormers-Jaguares-tweestryd, terwyl Jacobs die man in die middel vir die kragmeting tussen die Sharks en die Rebels is. Van der Westhuizen sal die fluitjie in die Bulls-Blues-wedstryd blaas.

Sokker:

  • In Engelse Premierliga-nuus het Manchester United gisteraand op Stamford Bridge vir Chelsea met 2 – 0 geklop.

Anthony Martial en Harry Maguire het United se doele aangeteken.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

koos10 ·

Wil ons nou weer met Faf probeer? Dis nou die tyd om van die oupas in die span ontslae te raak. Ek sê nie jaag hulle weg nie, want hulle het baie om te bied, maar gebruik hulle op ander gebiede, nie om te speel, beseer te raak en plekke op te neem wat jong spelers (of oueres wat nog honger is) in kan kompeteer nie.

charmaine ·

Dit gaan weer lekker naelbyt krieket wees kan nie wag nie, AUS is natuurlik my 2de span. Maar moet se na die fantasties games teen Engeland kan ek dalk van 2 de span verander. Hulle het gewys hoekom hulle wereldbeker materiaal is.

Genis ·

Ai Serfaas, hoe nou dan weer met Faf? Ek hoop Faf het meer byt as blaf…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.