Vandag se sportnuus

Beast Mtawarira.,(Foto GB Jordaan)

Rugby:

  • Tendai Mtawarira, ook bekend as “Beast”, is in Amerika se Major League Rugby se span van die week ingesluit ná ʼn sterk vertoning vir sy Old Glory-span teen die Seattle Seawolves.

Mtawarira-hulle het die wedstryd met 28 – 22 gewen en die Suid-Afrikaner het veral met sy skrumwerk beïndruk. Hy het ook tien keer die bal vir sy span gedra.

Die span: Sam Malcom (heelagter, Toronto Arrows), Mikaele Kruse (regtervleuel, Colorado Raptors), Troy Lockyear (buitesenter, Rugby United New York), Ma’a Nonu (binnesenter, San Diego Legion), Fetu’u Vainikolo (linkervleuel, Utah Warriors), Jason Robertson (losskakel, Old Glory), De Wet Roos (skrumskakel, Houston Sabercats), Riekert Hattingh (agtsteman, Seattle Seawolves), Mungo Mason (flank, Old Glory), Kyle Sumsion (flank, Rugby United New York), Nate Brakely (slot, Rugby United New York), Ignacio Dotti (slot, Nola Gold), Mason Pederson (stut, Austin Gilgronis), Dean Muir (haker, San Diego Legion), Tendai Mtawarira (stut, Old Glory).

  • Curwin Bosh is weer beskikbaar vir die Sharks se komende Superrugby-kragmeting teen die Rebels. Die talentvolle losskakel het die Durbaniete se vorige wedstryd teen die Hurricanes weens persoonlike redes misgeloop.

Boeta Chamberlain, wat vir Bosch in die aanvangsvyftiental vervang het, het egter harsingskudding teen die Hurricanes opgedoen en hy is op pad terug na Suid-Afrika.

Krieket:

  • Temba Bavuma sal die eerste T20-kragmeting teen Australië weens ’n besering misloop. Die 29-jarige kolwer het sy dyspier in die laaste wedstryd teen Engeland seergemaak en hy sal ongeveer ’n week lank op die krukkelys wees.

In die afgelope mik-en-moker-reeks teen Engeland het Bavuma en Quinton de Kock ’n gedugte openingsvennootskap gevorm. In drie beurte het hulle saam 92, 48 en 84 om die eerste paaltjie aangeteken.

Die eerste T20-wedstryd teen Australië word Vrydag op die Wanderers beslis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.