Vandag se sportnuus

Die Springbokke het vir Wallis met 19 – 16 in die Wêreldbeker-halfeindstryd geklop. (AP Photo/Aaron Favila)

Rugby:

  • Die Springbokke sal op 28 November teen Wallis op hul Europese toer speel. Die Bokke het in die Wêreldbeker-halfeindstryd in Japan met die Rooi Drake afgereken.

Wallis is tans die vyfde beste span ter wêreld.

  • Die Bulls het hul span vir Saterdag se wedstryd teen die Blues gekies. Morné Steyn sal weer eens op losskakel begin, terwyl Wian Vosloo op flank gekies is.

Die kragmeting begin Saterdag om 17:15.

Bulls: Warrick Gelant (heelagter), Cornal Hendricks (regtervleuel), Johnny Kotze (buitesenter), Burger Odendaal (binnesenter), Rosko Specman (linkervleuel), Morné Steyn (losskakel), Ivan van Zyl (skrumskakel), Josh Strauss (agsteman), Wian Vosloo (flank), Jeandre Rudolph (flank), Juandre Kruger (slot), Andries Ferreira (slot), Trevor Nyakane (stut), Jaco Visagie (haker) en Lizo Gqoboka (stut). Plaasvervangers: Corniel Els, Gerhard Steenkamp, Wiehahn Herbst, Ruan Nortje, Ruan Steenkamp, Embrose Papier, Manie Libbok en Divan Rossouw.

  • Met die Olimpiese Spele wat in Julie begin, het Nieu-Seeland sy sewesgroep vir dié internasionale skouspel bekendgemaak.

Die groep sluit Kurt Baker, Sam Dickson en Joe Webber in.

Krieket:

  • Die eerste T20-wedstryd tussen die Proteas en Australië begin môre om 18:00 op die Wanderers in Johannesburg.

Die twee spanne sal drie T20-wedstryde en drie eendagwedstryde teen mekaar speel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.