Vandag se sportnuus

Australië se David Warner. Foto: Twitter.

Krieket:

  • Die vorige keer toe die Proteas en Australië se krieketspan in Suid-Afrika slaags was, het die vonke behoorlik gespat.

Steve Smith, Cameron Bancroft en David Warner is uit die spel geskors omdat hulle met die bal op Nuweland gepeuter het, terwyl Warner ook in ’n kwaai woordwisseling met Quinton de Kock betrokke was.

Vanaand hervat dié twee spanne weer die aksie en hoewel Suid-Afrika nie meer heeltemal die span van twee jaar terug is nie, sorg dié tweestryd altyd vir baie opwinding.

“Dit is eendag- en T20-krieket en jy het nie eintlik soveel tyd om met jou teenstanders se kop te smokkel nie. En jy gaan nie uit met die spesifieke doel om onder die ouens se vel in te kruip nie,” het Warner gesê.

Op sy beurt het De Kock gevoel dat enigiets moontlik is.

“As iets gebeur – soos wanneer ’n speler besluit om iemand anders aan te vat – kan dit beslis weer vir ’n vonk tussen die spanne sorg,” het hy gesê.

Die aksie begin vanaand om 18:00 op die Wanderers.

Rugby:

  • Die Stormers het weer die dienste van Herschel Jantjies vir hul wedstryd teen die Jaguares op Nuweland. Dan is Frans Malherbe ook weer terug in die beginvyftiental vir die kragmeting.

Stormers: Dillyn Leyds (heelagter), Sergeal Petersen (regtervleuel), Ruhan Nel (buitesenter), Jamie Roberts (binnesenter), Seabelo Senatla (linkervleuel), Damian Willemse (losskakel), Herschel Jantjies (skrumskakel), Juarno Augustus (agtsteman), Pieter-Steph du Toit (flank), Jaco Coetzee (flank), JD Schickerling (slot), Salmaan Moerat (slot), Frans Malherbe (stut), Scarra Ntubeni (haker) en Steven Kitshoff (stut). Plaasvervangers: Chad Solomon, Ali Vermaak, Wilco Louw, Chris van Zyl, Johan du Toit, Ernst van Rhyn, Godlen Masimla en Jean-Luc du Plessis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.