Vandag se sportnuus

Aiden Markram. Foto: GB Jordaan.

Krieket:

  • Die Protea-openingskolwer Aiden Markram sal vandag sy eerste krieketwedstryd speel sedert hy sy vinger teen Engeland in die eerste toets op Super Sportpark beseer het.

Die 25-jarige speel vandag vir die Titans in ’n eendagwedstryd teen die Dolphins in Durban. Hy sal saam met ander Proteas soos Farhaan Behardien, Dean Elgar en Junior Dala in aksie wees.

  • Die Proteas het gisteraand die laaste en beslissende T20-wedstryd teen Australië met 97 lopies op Nuweland verloor.

Quinton de Kock het die loot gewen en besluit om eerste te boul, maar Aaron Finch en David Warner het die bal in alle windrigtings geslaan en 120 lopies in skaars 12 boulbeurte om die eerste paaltjie geslaan.

Anrich Nortjé (1/46) het Warner se paaltjie geneem, terwyl Lungi Ngidi (1/33) en Tabraiz Shamsi (1/25) die lopiekrane effens toegedraai het om die besoekers tot 193/5 te beperk.

Mitchell Starc (3/23) het egter vinnig van Quinton de Kock en Faf du Plessis ontslae geraak om die wind heeltemal uit die Proteas se seile te haal.

Die eerste eendagwedstryd is Saterdag in die Paarl.

Rugby:

  • Die 28-jarige voormalige Sharks-vleuel Kobus van Wyk sal Saterdag sy buiging vir die Hurricanes teen die Sunwolves in Napier maak.

Hurricanes: Chase Tiatia (heelagter), Kobus van Wyk (regtervleuel), Vince Aso (buitesenter), Ngani Laumape (binnesenter), Ben Lam (linkervleuel), Fletcher Smith (losskakel), TJ Perenara (skrumskakel), Gareth Evans (agtsteman), Du’Plessis Kirifi (flank), Vaea Fifita (flank), Scott Scrafton (slot), James Blackwell (slot), Tyrel Lomax (stut), Asafo Aumua (haker), Xavier Numia (stut). Plaasvervangers: Ricky Riccitelli, Ben May, Alex Fidow, Isaia Walker-Leawere, Devan Flanders, Jonathan Taumateine, James Marshall, Peter Umaga-Jensen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.