Vandag se sportnuus

Tayler Scott. Foto: Twitter.

Bofbal:

  • Die Johannesburgse boorling, Tayler Scott, het die Baltimore Orioles in Amerika vir die Hiroshima Toyo Carp-span in Japan verlaat.

Die 27-jarige, wat ’n bofbal-bal teen 150 km/h kan slinger, het ’n kontrak van meer as R8 miljoen met die Japanse span onderteken. Die span is juis môre in aksie teen die Chunichi Dragons.

Scott het ook onder andere vir die Seattle Mariners in Amerika gespeel.

Rugby:

  • Dis weer tyd vir sewesrugby en die Blitsbokke is die naweek in Los Angeles te siene.

In die groepfase speel hulle teen Kenia (Saterdag om 21:35), Kanada (Sondag om 00:55) en Ierland (Sondag om 05:05).

  • Al vier Suid-Afrikaanse spanne is in die volgende ronde van die Superrugbyreeks in aksie.

Die Lions speel vandag om 10:15 teen die Waratahs, terwyl die Sharks môre om 10:15 teen die Reds in Brisbane speel.

Die Stormers sal om 15:05 teen die Blues op Nuweland kragte meet, terwyl die Bulls daarna op Loftus Versfeld gasheer vir die Jaguares speel.

Dié wedstryd begin om 19:15.

Krieket:

  • In Canberra het die Suid-Afrikaanse vrouekrieketspan die hef in die hand in die T20-wêreldbekerwedstryd teen Thailand.

Die Proteas het 195/3 in hul toegelate 20 boulbeurte aangeteken. Lizelle Lee het die bal in alle rigtings geslaan om 101 lopies van slegs 60 aflewerings te moker.

Thailand sukkel tans met sy telling op 35/4.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.